Argeoloë werk al meer as 20 jaar daaraan om die “Altamura Man” uit ’n rots diep binne ’n grot in Italië te grawe.
L'uomo di Altamura era un Neanderthal vissuto 150mila anni fa. La conferma viene dal Dna http://t.co/TJ4o5hx41U pic.twitter.com/UNrgndjGiD
— AM (@oltre_misura) April 3, 2015
Die menslike oorskot – ’n ongeskonde skedel en deurmekaar hopie bene – is ontdek toe speleoloë sy skedel na hulle sien staar het vanuit die kalkklip-grot van Lamalunga naby Altamura in die suide van Italië in 1993, berig CNN.
Daar is besluit die beendere moenie heeltemal verwyder word nie – wetenskaplikes het gevrees dat die proses om dit uit die grot se verkalkte greep te kry, dit sal vernietig.
Neanderdals is die naaste familie van die moderne mens.
Nou, ná amper twee dekades van probeer, het navorsers dit reggekry om DNS uit ’n stuk van die oorskot te grawe. Ontleding van die DNS, wat uit die regterskouerblad geneem is, het daarop gedui dat die fossiel ’n Neanderdal was.
Neanderdals is die naaste familie van die moderne mens. Daar word geglo hulle het tot hul uitsterwing sowat 40 000 jaar gelede gewoon in wat nou as Asië en Europa bekendstaan. Neanderdals se DNS verskil met net 0,12 persent van ons s’n.
Ontleding van die kalsiet rondom die Neanderdal se skedel het daarop gedui dat die beendere tussen 128 000 to 187 000 jaar oud is. Wetenskaplikes vermoed die man van antieke tye het in ’n prehistoriese put geval en van hongerte en dorsheid omgekom. Navorsers hoop hulle sal sy DNS kan gebruik om hulle meer oor die evolusie van die mensdom te help uitvind.
Stel jy beland in die antieke mens? Jy kan die kans kry om ’n Neanderdal te “ontmoet” by Huisgenoot se Ice Age-uitstalling! Kliek hier vir meer inligting.
Bronne: news.com.au, livescience.com, cnn.com