Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Wat om die naweek op TV te kyk

$
0
0

Vrydag

The Sum of all Fears
e.tv 21:00

’n Jong CIA-werker probeer die Derde Wêreldoorlog keer toe hy inligting kry dat ’n groep neo-Nazi’s iets groots beplan. Maar gaan sy base na sy waarskuwings luister?

Carrie
M-Net 21:30

’n Skoolmeisie se klasmaats en ma knou haar af. Sy vind uit sy het bonatuurlike magte wat haar wraak sal help neem. En ons praat nie nou van towerkunsies soos om ’n haas uit ’n hoed te pluk nie . . .

Deadly Impact
SABC1 22:00

Toe alles te veel word, keer ’n polisie die stad, wat hy eens liefgehad het, die rug toe. Hy gaan terug na sy tuisdorp om die plaaslike polisie en FBI met ’n moeilike saak te help.

Saterdag

Walking with Dinosaurs
M-Net Satellite 06:00

’n Babadinosourus onderneem ’n avontuur wat van hom ’n legende onder dinosourusse maak.

Meet The Parents
e.tv 19:30

’n Verpleër probeer sy toekomstige skoonouers beïndruk, maar ten spyte van sy goeie bedoelings vaar hy nie te goed in sy skoonpa se toetse nie.

Yours, Mine & Ours
SABC2 20:30

’n Kuswagbeampte en wewenaar met agt kinders ontmoet sy deksel in die vorm van ’n weduwee, ’n ontwerper met 10 kinders. Agtien kinders in een huis? Hier kom moeilikheid!

Sondag

Guardians of the Galaxy
M-Net 10:55

’n Groep ruimtemisdadigers span saam om ’n magshonger soldaat te keer wat die wêreld met ’n dodelike wapen wil regeer. En die klankbaan is koel verby!

Babylon AD
e.tv 20:00

’n Huursoldaat in die toekoms word betaal om ’n spesiale jong meisie veilig oor die see Amerika toe te neem. Hy weet egter nie ’n spul magtige mense wil die kind dood hê en sal nie rus tot dit gebeur nie.

That Awkward Moment
M-Net 20:05

Drie vriende probeer uitpluis wat in hul liefdeslewe aangaan en of hulle ’n langdurige of kortstondige verhouding soek.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>