Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Maak Britney ’n nuwe video?

$
0
0

Nadat Britney Spears onthul het sy oefen vir iets “hoogs geheim”, word bespiegel sy gaan dalk binnekort ’n nuwe video uitreik.

Die sangeres (31) het verklap sy oefen vir ’n geheime projek vir “volgende week”, maar het nie gesê waarvoor dit is nie.

Sy het op Twitter geskryf: “Neem ’n kort ruskansie om hallo te sê aan al my tweeps :) Oefen vir iets hoogs geheim wat volgende week gebeur . . .  #WERK”

Toe ’n aanhanger in reaksie daarop bespiegel dis ’n video vir ’n nuwe enkelsnit, het Britney net met ’n knipogie geantwoord.

Die popster se nuwe album, die opvolg van Femme Fatale (2011), word deur Naughty Boy vervaardig en daar word verwag dat die eerste enkelsnit van die album volgende maand uitgereik sal word.

’n Aftelhorlosie met die onderskrif “All Eyes On Me” het op haar webtuiste verskyn, asook die belofte dat daar op 17 September ’n groot aankondiging gaan wees. Baie mense raai dis die eerste liedjie van die album, hoewel dit ook besonderhede oor haar agtste album kan wees.

Naughty Boy het probeer om Britney se invloed op die album uit te brei en daar is berig dat hy haar na die Lake District, Engeland se grootste nasionale park, wil neem vir inspirasie.

’n Bron het gesê: “Hy beplan om Britney weg te neem. Hulle sal die meeste van die tyd in sy ateljee in Ealing wees, maar hy wil ook ’n besoek inwerk aan die Lake District, waarvoor hy lief is.”

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>