Dit is vanaand op die kassie:
17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.
17:30 Leef Jou Reis – Met Gerrie Pretorius (kykNET): Kyk na die opwindende reise wat Gerrie Pretorius weekliks met die span aanpak.
18:00 The Middle (M-Net): Volg die misavonture van dié vreemde gesin.
18:30 7de Laan (SABC2): Nthabi is nie gelukkig met Dali se aanstelling by The Times nie. Sal dit hul verhouding beïnvloed? Paula en Altus begrawe vandag die strydbyl.
18:30 Villa Rosa (kykNET): Liam se visier is op die Villa gerig. Kotie kloek om Gerhard en hy buit dit lekker uit. Celine en Carina kry die gevoel hulle word dopgehou en agtervolg, maar Cardo skiet dit af.
18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook in die kombuis om die groot prys te wen.
19:30 Binnelanders (kykNET): Malan gaan hom nie maklik van stryk laat bring nie – op beide ’n persoonlike en professionele vlak. At se aankondiging verpletter Jana, en die DVD-aand lewer ’n verrassing of twee op. Liezl maak geen indruk nie, en ’n dokter verloor sy humeur in Ongevalle.
20:00 Kwêla (kykNET): Ons praat met Gideon Nasilowski, ’n paralimpiese swemmer. Ons gaan kuier ook in die Cederberge by die Nieuwoudt-susters en skop af met 2015 se Dorp van die Jaar-kompetisie.
20:30 Konings (SABC 3): Bekroonde drama-reeks wat die lewe van Dolf Groenewald van weeskind tot supermark-magnaat volg.
21:00 WWE Main Event (e.tv) : Kyk hoe die grootste name in die professionele stoeibedryf mekaar in die ring ontmoet om te sien wie die wenner van die groot titel is.
21:30 Prontuit (kykNET): Twee vroue met sterk persoonlikhede pak onderwerpe aan wat ’n wyer sosiale benadering verg. Mariëtta Kruger en Kabous Meiring werp saam met hul gaste lig op polemieke en kulturele twiste.
23:00 Teen Wolf (SABC2): ’n Jong tiener se hele lewe verander drasties nadat ’n weerwolf hom byt.