Wie sou nou nie graag met hul eie klein Dorothy, Rose, Sophia en Blanche wil speel nie?
The Golden Girls Living Room and Kitchen LEGO Set http://t.co/5xl6pvo9L6 pic.twitter.com/OFPEBd5pjr
— Gadgetsin (@gadgetsin) April 10, 2015
Dié gewilde Golden Girls word dalk eersdaags in Lego verewig, mits die maatskappy die voorstel goedkeur.
Jaarliks kry dié speelgoedreus etlike voorstelle van Jan Publiek van wat hulle graag in Lego omskep wil hê. ’n Voorstel moet dan deur genoeg ander lede van die publiek onderteken word voor Lego dit sal oorweeg.
‘Die voorstel van ’n Golden Girls-Lego het reeds meer as die vereiste 10 000 handtekeninge gekry.’
Die voorstel van ’n Golden Girls-Lego het reeds meer as die vereiste 10 000 handtekeninge gekry.
In die verlede het televisie-reekse soos The Big Bang Theory en flieks soos Back to the Future en Ghostbusters elkeen ’n Lego-stel gekry nadat die publiek daarna gevra het.
Lego het onlangs deurgeloop toe ’n sewejarige meisie, Charlotte Benjamin, hulle aangevat het oor die oënskynlike gebrek aan vrouekarakters in hulle speelgoed. Sy was ontsteld dat al die wetenskaplikes in haar laboratoriumstel manlik is.
Lego het gou hieraan gehoor gegee en spoedig was daar ook vroue-wetenskaplikes beskikbaar.
Die Golden Girls-stel sal dus ook ’n bydrae lewer tot geslagsgelykheid in dié gewilde speelgoedwêreld.
Bronne: IGN.COM; The Independent