’n Kat wat vyf jaar lank agter ’n muur by ’n treinstasie in Egipte vasgesit het, het slegs oorleef omdat ’n bejaarde man hom daagliks water en kos gevoer het.
’n Groep op Facebook het glo van die kat Biso se dilemma te hore gekom en besluit om iets daadwerklik te doen. Hul reddingspoging het glo meer as vyf ure geneem.
Die kat het eers uitgekom nadat ’n werker self by die muur ingeklim het en hom gaan haal het.
Biso het onmiddelik na sy redding die hasepad gekies.
Hy het glo in 2010 in ’n gat in die muur ingekruip toe hy net ’n babakatjie was en het te groot geword om weer uit te kom.
’n Vorige reddingspogings het gefaal omdat die verskrikte kat net dieper in die muur ingeklim het. Die muur mag nie oopgebreek word nie omdat dit as saakbeskadiging in Egipte beskou sou word.
‘n Bejaarde man, bekend as Oom Abdo in die omtrek, het die kat jammer gekry en elke dag vir hom kos en water gebring. Hy is steeds opsoek na Biso wat na die reddingspoging op die vlug geslaan het.
Kyk hier na die video van die reddingspoging:
Bronne: YouTube, Daily Mirror