Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Drie FANTASTIESE nageregte met Peppermint Crisp

$
0
0

Bevrore Peppermint Crisp-tert

Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 20 minute
Vriestyd: oornag


1 blikkie (360 g) karamelkondensmelk
1 boksie (250 g) kunsroom,
verkoel en styf geklits
1 pakkie (200 g) Tennisbeskuitjies
1 (150 g) Peppermint Crispsjokolade, grof gebreek

  1. Voer ’n klein broodpannetjie uit met kleefplastiek.

  2. Meng die karamelkondensmelk met die styfgeklopte kunsroom.

  3. Pak ’n laag beskuitjies in die broodpannetjie, giet ’n laag karamelroom oor en sprinkle ’n laag Peppermint Crisp oor. Herhaal die lae, hou ’n bietjie Peppermint Crisp eenkant en eindig met ’n laag beskuitjies.

  4. Vou kleefplastiek oor en vries oornag tot stewig.

  5. Ontvorm, stapel nog Peppermint Crisp bo-op en sit voor.

Peppermint Crisp-mousse

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 20 min.
Gaarmaak: 15 min.

2 eiergele
80 ml (⅓ k) strooisuiker
250 ml (1 k) melk
100 g donkersjokolade
250 ml (1 k) room
1 stafie Peppermint Crisp, gerasper
15 ml (1 e) gelatien, gespons in 45 ml (3 e) water

  1. Verhit die melk in ’n kastrolletjie tot net voor kookpunt.

  2. Klits die eiergele en suiker saam, meng ’n bietjie melk by en voeg dan die hele mengsel by die res van die melk.

  3. Roer aanhoudend en verhit tot effens verdik. Verwyder van die hitte en voeg die sjokolade by. Roer tot gesmelt, bedek met kleefplastiek en laat afkoel.

  4. Klits die room tot styf en vou die sjokolade-vla en die Peppermint Crisp daarby in.

  5. Verhit ’n paar sekondes in die mikrogolf tot net gesmelt. Vou by die sjokolademengsel in, skep in glasies en verkoel tot gestol. Sit voor saam met ekstra geklopte room en Peppermint Crisp-sjokolade.

Klapper-botterkoek met Peppermint Crisp

Lewer 1 middelslaglaagkoek
Bereiding: 20 minute
Gaarmaaktyd: 35-40 minute


KOEK
125 g botter
180 ml (¾ k) strooisuiker
3 eiers
375 ml (1½) koekmeel
12 ml (2½ t) bakpoeier
180 ml (¾ k) klapper
180 ml (¾ k) melk
50 g Peppermint Crisp, grof gekap

SJOKOLADE-VERGLANSING
1 plak (100 g) sjokolade
15 ml (1 e) botter
15 ml (1 e) room
5 ml (1 t) vanieljegeursel
ekstra gekapte Peppermint Crisp vir bo-oor strooi

  • Voorverhit die oond tot 180 °C.

  • Smeer ’n koekpan van 22 cm.

  • Bestuif met meel.



  1. KOEK Room die botter en suiker tot lig en romerig.

  2. Klits die eiers een vir een by.

  3. Sif die meel en bakpoeier oor en vou om die beurt met die melk in.

  4. Vou die klapper en Peppermint Crisp in en skep in die voorbereide pan.

  5. Bak 35-40 minute tot gaar.

  6. Keer op ’n draadrakkie uit en laat afkoel.

  7. SJOKOLADE-VERGLANSING Smelt die sjokolade, botter en room saam in ’n glasbak oor kookwater of in die mikrogolfoond. Meng die vanieljegeursel by.

  8. Giet oor die koek en laat afkoel. Sprinkel die gekapte sjokolade oor.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!