Dit is vanaand op die kassie:
17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.
18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook in die kombuis.
18:30 Villa Rosa (kykNET): Fritz is erg omgekrap oor Gunther se gefuif en nog meer ontsteld nadat Gunther allerlei vreemde uitlatings maak. Eben is steeds besig om op Cardo te spioeneer.
18:30 7de Laan (SABC2): Ryno is op pad Boggomsbaai toe. Lynette kom groet – sal sy iets nog kan verander? Irma is teleurgesteld in Sonja se nuutste idee.
19:30 Binnelanders (kykNET): Jana se dag begin met ‘n onstoke At en nuus oor Herman. Die Tweede Trienie moet ‘n huis kry, en Morné praat ernstig met Emil oor Ivanka. Daar word groot moeite gedoen met ‘n opkomende verjaarsdagpartytjie.
19:30 She’s the one (SABC3): Twee Iers-Amerikaanse broers se liefdeslewens word verstengel in hierdie komedie wat in New York afspeel.
19:30 The Fixer (M-Net): Hierdie bekroonde drama het Kerry Washington as Olivia Pope, ’n “fixer” vir die Withuis.
20:00 Vikings (M-Net Edge, DStv-kanaal 102): Bekroonde reeks wat die Noorse held en sy Viking-broers volg.
20:00 Bravo! (kykNET): Dis weer tyd vir die jaarlikse Ghoemas. Ons kyk wie stap met die gesogte musiekpryse weg. Ons kyk na Eeu van Eybers, ’n produksie wat vanjaar by Woordfees en KKNK is, en Elizabeth Eybers se gedigte in musiek omskep.
20:00 Voetspore (SABC 3): Reis saam met die Voetspore-span deur Afrika en ervaar saam met hulle al die uitdagings, ongelooflike landskappe en verskillende kulture.
20:30: Koekedoor (kykNET): In hierdie episode laat blom Koekedoor die tradisie van die teetuin en fyn tuinpartytjies – met eetgoed wat pas by die vroue in mooi blomrokke, breërandhoede en handskoene. Hier word die fynste gebak met die fynste hand en delikate aanslag voorgesit. Die tema is fyntuin en Switserse rolkoek, mini-randkoeke en Petit Fours kom maak ‘n draai.
20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.
21:30 kykNET Aktueel – Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.