Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Geboortemerk begin babadogtertjie wurg

$
0
0

‘n Vreemde opskrif dalk, maar dis presies wat gebeur het. ’n Baba van vier maande in Engeland is gebore met wat aanvanklik as ‘n “skadelose” geboortemerk bestempel is. Maar sy het byna gesterf toe dié merk in haar keel begin groei en haar lugtoevoer begin afsny.


Jasmine Midgley se geboortemerk het begin groei toe sy omtrent ’n week oud is. Haar ouers het haar dokter toe gevat en sy is met brongiolitis gediagnoseer – ’n ligte respiratoriese infeksie wat met antibiotika geveg kan word.

“Ek het vermoed dat die geboortemerk dalk vir Jasmine se siekte verantwoordelik is. Daar was vir ons gesê daar’s niks om oor bekommerd te wees nie, al het dit (die geboortemerk) op hierdie stadium al oor haar hele nek versprei,” het Jasmine se ma, Tanja Midgley gesê.

‘Daar was vir ons gesê daar’s niks om oor bekommerd te wees nie, al het dit (die geboortemerk) op hierdie stadium al oor haar hele nek versprei.’

Op 10 weke het Jasmine skielik baie siek geword en is sy oornag in die Universiteit-hospitaal van Noord Tees gehou. Dit is eers hier waar ’n dokter besef het dat die geboortemerk eintlik besig is om Jasmine te wurg.

Sy is gediagnoseer met subglottiese hemangioom – ’n toestand wat potensieel lewensgevaarlik kan wees as gevolg van lugwegversperring. Jasmine is gehaas na die Royal Victoria-hospitaal in Newcastle geneem waar sy medikasie ontvang het wat die bloedvate in haar nek laat krimp het.

“Dit was absoluut ’n hemelse seën en het ons bietjie normailiteit deur die hele beproewing gegee,” het Jasmine se pa, Steven Midgley gesê.
Hemangiome is gewasse wat bestaan uit bloedvate op die vel of selfs dieper.

Bronne: dailymail.co.uk, metro.co.uk, ncbi.nlm.nih.gov

 

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>