Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Baba gebore met ’n nommer 12 op die voorkop

$
0
0

Suid-Afrikaanse dokters was stomgeslaan nadat ’n baba gebore is met ’n geboortevlek in die vorm van ’n perfekte nommer 12 reg in die middel op sy voorkop.


Klein Hanru van Niekerk van Highlands in Johannesburg is op 22 November gebore met ’n unieke geboortevlek wat ’n mens laat dink hy het dalk ’n dag te vroeg in die wêreld gekom.

Sy trotse ouers was so bly oor sy koms hulle het aanvanklik nie die ongewone merk raakgesien nie berig Netwerk24.

Die nuus het ook wêreldwyd opslae gemaak en talle oorsese publikasies het hieroor berig.

“My jongste dogter was die eerste een wat dit raakgesien het. Sy het gesê daar is ’n 1 en ’n 2 op sy voorkop,” vertel Catherine Jooste, Hanru se oumagrootjie.

Hanru se ouers is volgens berigte nie bekommerd oor die geboortemerk nie, want die dokter het hulle verseker dit sal mettertyd vervaag.

’n Geboortevlek is ’n onreëlmatigheid wat voor of kort ná geboorte op die vel verskyn. Afhangend van die soort vlek word dit veroorsaak wanneer bloedvate nie behoorlik vorm nie of om ’n spesifieke plek op die vel vergader en ’n duidelike merk laat.

Geboortevlekke is nie seer nie en raak gewoonlik mettertyd dowwer of verdwyn heeltemal.
 

Bronne: Netwerk24, citizen.co.za, mirror.co.uk, kidshealth.org


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>