Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Kleinkoekies vir Afrika!

$
0
0

Deur Mari-Louis Guy

Die blikke vol kleinkoekies wat hulle in episode 3 van Koekedoor moes bak, het al die deelnemers kinderlik opgewonde gehad.

Ek self was sommer erg nostalgies toe ek dink aan die tamaai glasflesse met donkergroen deksels wat ma Este vroeg elke Desember al begin vol bak het. Soetkoekies, vlakoekies met allerhande vorms en konfytvierkante is dan so in hulle menigte saamgepiekel Strandfontein toe.

Vir Tuisgebak moes elke deelnemer ’n koekblik vul met kleinkoekies en koekstafies. Oor die algemeen was al die koekies heerlik. ’n Paar van die deelnemers het met te veel geesdrif besluit om drie soorte gebak in die tyd aan te pak, met swakker gehalte die gevolg.

Fyngebak het gelei tot ’n raserige politieke vergadering met Hertzoggies, Jan Smutsies en Tweegevreetjies in die raadsaal. Hier het van die deelnemers erg vasgeval.

Met Pronkgebak het ons werklik die kreatiwiteit van die deelnemers getoets. Ons het gesoek na ’n slim vertolking in die herskepping van nostalgiese winkelkoekies. Dink aan Jolly Jammers, Zoo-koekies en Strawberry Swirls . . . Hulle moes 12 gevulde toebroodjie-koekies of 24 enkelkoekies lewer. Hier was Cecilia se heerlike variasie op Lemon Creams beslis ’n hoogtepunt.

Ek het met Tish, die ongelukkige verloorder van die episode en Murray, die wenner, oor dié uitdaging gesels.

« »

Tish

Ai, my swanesang. Met die Tuisgebak het ek nog goed gevoel oor my Monte Carlo- koekies and pekanneutstafies, hoewel ek by laasgenoemde die deeg sou wou vermeerder en ’n kleiner pan sou wou gebruik het.

Fyngebak was ’n politieke ramp en tussen die Smutsies, Hertzoggies en Tweegevrete het ek kop verloor. Dié katastrofe het gebeur omdat ek nie behoorlik gelees en beplan het nie.

Die Pronkgebak-uitdaging met broskoekies het my gepas, maar ek was nog so vol stres oor die vorige rondte dat ek nie my hart gevolg het oor wat om te maak nie.

Ek het vrede gemaak oor my verkeerde besluite en dit was ’n voorreg om te kon deelneem. Net spyt dat ek die res van dié verrykende ervaring misgeloop het.

Murray

Hierdie episode was vir my een groot fees. Ons het self elke jaar saam met twee ander gesinne (altesaam 13 kinders) die uittog vanaf die Wes-Transvaal see toe aangepak met ’n pakkaas blikke vol tuisgemaakte koekies.

Tuisgebak Grondboontjiebotterkoekies is my peetseun, Owen, se gunsteling terwyl my pa vreeslik lief was vir klapper-en-hawermoutkoekies. Laasgenoemde is al wat ek gereeld in stafievorm bak, dus was dit die logiese keuse.

Fyngebak Wanneer ek kleinkoekies bak, doen ek dit gewoonlik rustig, want ek begin klaar ontspan deur te dink aan die vakansie wat voorlê. Om drie verskillende koekies binne 90 minute te bak is daarom ’n perd van ’n heeltemal ander kleur. Die uitdaging was opwindend en die adrenalien het behoorlik gepomp, maar hoe ongelooflik lekker is dit as die tyd verstreke is en jy het die onmoontlike reggekry.

Pronkgebak Dit sit nie in enige bakker se broek om winkelkoekies na te boots nie. In die eerste plek is die bestanddele wat in winkelkoekies gebruik word dikwels nie beskikbaar in normale winkels waar doodgewone bakkers gaan koop nie, en in die tweede plek is die prosesse en masjinerie wat vir die koekies gebruik word heeltemal anders as die toerusting wat ons in ons kombuise het. Dit was egter so lekker om die Romany Creams te pak en innoverend te wees met die bestanddele en prosesse – ek het myne in ’n blomvorm gedoen. Ek dink al die Koekedore het hulle vreeslik goed van hul take gekwyt want die resultate was fantasties.

Mari-Louis Guy is ‘n beoordelaar van kykNET se Koekedoor-werklikheidsreeks, professionele kosstilleerder en resepontwikkelaar. Sy gaan gereeld vir Huisgenoot.com blog oor Koekedoor en so ‘n kykie agter die skerms gee.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>