Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Seewier – die nuwe superkos!

$
0
0

Oppad na jou kruidenier om boerkool te koop vir aandete? Dan het jy ’n bietjie agter geraak. Dinge het nogal aangestap in die wêreld van superkos, want deesdae moet enige gesondheidskosliefhebber wat selfrespek het, weglê aan . . . seewier.

Jy wonder dalk hoekom die seewiersoort kelp so goed is vir jou. Wel, dit hou jou kalsiumvlak hoog, wat noodsaaklik is vir sterk bene en om jou hart, senuwees en spiere goed te laat funksioneer. Dit help ook die liggaam beskerm teen sekere soorte kanker en hoë bloeddruk. Seewier bevat ook heelwat jodium, wat ’n groot rol speel om ’n vaste metaboliese tempo te handhaaf, asook natuurlike antioksidante.

Die voedingkundige Geeta Sidhu Robb stel veral belang in die jodium-aspek van kelp. Sy skat sowat 70 persent van vroue het nie genoeg jodium in hul liggaam nie en dit kan tot verskeie probleme lei. “Jodium voed die skildklier, wat die kragbron van jou metabolisme is. Dit is die een ding waarvan die meeste mense nie genoeg het nie wanneer hulle moeg is,” het sy aan die Britse koerant The Daily Mail gesê.

‘ Sy skat sowat 70 persent van vroue het nie genoeg jodium in hul liggaam nie en dit kan tot verskeie probleme lei.’

“Kelp en boerkool is verskillend omdat hulle verskillende goed doen. Maar dit het jodium wat boerkool nie het nie en magnesium en kalsium wat boerkool wel het. So as jy kelp eet, bevat dit alles.”

As dit nog nie genoeg rede vir jou is nie, bevat kelp ook vitamien A, B1, B2, C, D en E, asook magnesium en kalium. Dit is ook ’n anti-inflammatoriese middel en kan die immuunstelsel ’n hupstoot gee. Dit het ook baie proteïene, wat dit ’n goeie keuse maak vir vegetariërs. En dis volhoubaar omdat dit vinnig groei.

Dis alles goed en wel, maar hoe is jy veronderstel om dit te eet? Kelp is al jare ’n stapelvoedsel in Asiatiese voedingsplanne; daarom maak dit sin om daar te kyk vir wenke. Een van die belangrikste goed om te onthou is dat daar verskillende soorte is: Blou/groen alge is lekker om soggens by ’n vrugsteskommel by te voeg; rooi alge word gebruik om om soesji te draai; en bruin en groen soorte kom dikwels voor in slaaie en dit kan droog of in pilvorm by gesondheidskoswinkels gekoop word.

Probeer om dit in te sluit by sop en slaai (onthou, jy kry ook kelpnoedels), en as jy eers ’n smaak daarvoor ontwikkel het, kan jy selfs daarvan begin hou as middagpeuselhappie!

© Cover Media

 

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>