Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Zayn Malik het die One Direction-toer verlaat.

$
0
0

Die Britse ster tree tans oral op as deel van One Direction se vierde toer, On the Road Again.

 

Nadat hy onlangs ‘n opskudding veroorsaak het nadat hy saam met ’n misterieuse vrou afgeneem is, is Zayn – wat verloof is aan Perrie Edwards van Little Mix – volgens berig word, afgeboek weens stres.

“Zayn vind dit moeiliker as die res van die groeplede om beroemdheid te verwerk. Om elke beweging onder die vergrootglas te hê, veroorsaak baie stres en toe die foto’s saam met die bewonderaar gister opduik, was dit die laaste strooi, ” het ’n bron aan die Britse koerant The Sun vertel.

‘Zayn vind dit moeiliker om beroemdheid te verwerk as die res van sy groeplede. ’

‘Zayn vind dit moeiliker om beroemdheid te verwerk as die res van sy groeplede. ’

“Hy het niks verkeerds gedoen nie, maar die spul kritiek waaronder hy moes deurloop, was eenvoudig te veel vir hom. Hy moet wegkom. Die bestuurders van die groep aanvaar dit dat hy ‘n blaaskans nodig het, so hy is met hulle seënwense huis toe gestuur. ”

Die 22-jarige kêrel sal drie van die groep se oorblywende konserte op die Asiese been van die toer misloop en die groeplede Harry Styles, Louis Tomlinson, Liam Payne en Niall Horan agterlaat om as ‘n vierstuk/kwartet op te tree.

’n Woordvoerder van die groep het die nuus aan The Sun bevestig.

“Zayn is afgeboek met stres en hy vlieg terug na die VK toe om te herstel. Die groep wens hom alles van die beste toe en hulle sal voortgaan met hul optredes in Manila en Jakarta, ” het hulle gesê.

Die gekwelde ster sal hom na verwagting op 28 Maart in Kaapstad, Suid-Afrika by sy groeplede aansluit vir hul vertoning. Zayn het ’n aandjie uit geniet toe hy afgeneem is met ‘n ander meisie in sy arms.

Baie mense was gou om die sanger van verneukery te beskuldig, maar hy het Twitter gebruik om enige verkeerde optrede te ontken.

“Ek is 22 jaar oud … ek bemin ‘n meisie met die naam Perrie Edwards. En daar is ‘n hele spul jaloerse f*kkers in hierdie ou wêreld. Ek is jammer oor hoe dit mag lyk x (sic), ” het hy getwiet.

Die nuusblad het ook berig dat hy ’n Coca-Cola-advertensie wat vir vandag in Hong Kong beplan was, gekanselleer het sodat hy na die VK toe kon terugkeer om tyd saam met sy gesin deur te bring.

 

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>