Babas wat vir ’n langer tydperk geborsvoed word, is meer geneig om later in hul lewe ’n hoë IK te hê, volgens nuwe navorsing.
Dr. Bernardo Lessa Horta, van die federale universiteit van Pelotas in Brasilië, en sy span het 6 000 babas van alle vlakke van die samelewing vir 30 jaar bestudeer om die langtermyn-effek van borsvoeding te ontleed.
Hulle het die kinders se borsmelk-inname tydens hul vroeë kinderjare gedokumenteer. Deelnemers, wat nou in hul dertigs is, het ook ’n IK-toets ondergaan en navorsers het terselfdertyd gekyk na sowat 3 500 invididue se opvoedkundige prestasies en inkomste.
Kenners kon uit die resultate vasstel hoe langer ’n kind geborsvoed word – tot 12 maande – hoe meer geneig sal hull wees om langer te studeer, hulle sal oor hoër intelligensievlakke as volwassene beskik en meer geld verdien.
‘Oor die algemeen was ’n kind wat vir minstens 12 maande geborsvoed is, se IK met tot vier punte hoër en het hy/sy langer studeer.’
Oor die algemeen was ’n kind wat vir minstens 12 maande geborsvoed is, se IK met tot vier punte hoër en het hy/sy langer studeer. “Ons studie is die eerste bewyse dat langdurige borsvoeding nie net intelligensie verhoog tot minstens 30-jarige ouderdom nie, maar dat dit ook ’n impak op individuele en sosiale vlak het deur opvoedkundige prestastie en verdienste te verbeter,” sê Bernardo.
“Dié voordelige uitwerking van borsmelk is waarskynlik oor die teenwoordigheid van langketting versadigde vetsure (DHA’s) in borsmelk wat noodsaaklik is vir breinontwikkeling. Ons bevinding dat hoofsaaklik borsmelk verband hou met ’n hoë IK as volwassene, dui ook daarop dat die aantal melk wat ingeneem word ’n rol speel.”
Dis lank reeds bekend dat borsmelk voordele vir ’n baba se gesondheid inhou en hul help om teen siektes soos borsinfeksies en maagkieme te baklei. Dit kan selfs help om toestande soos asma en allergië te voorkom. En volgens die studie hou dit meer voordele in as wat aanvanklik geglo is.
Dis ’n “magtige” studie, sê dr. Colin Michie, voorsitter van die Royal College of Paediatrics and Child Health se voedingskomitee. “Dis belangrik om kennis te neem dat borsvoeding een van talle faktore is wat bydra tot hoe ’n kind gevorm word, maar die studie benadruk die behoefte vir volgehoue en verbeterde borsvoedingsbemarking sodat verwagtende ma’s bewus kan wees van die voordele wat borsvoeding inhou.”
© Cover Media