Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Kate se kraamrok soos blits uitverkoop

$
0
0

Die Seraphine-kraamrok wat die hertogin van Cambridge dra in die eerste amptelike gesinsfoto’s met haar maand oue seun, is binne twee uur nadat die foto’s verskyn het uitverkoop.

Op die eerste foto van Catherine (31), haar man, prins William (31), en hul seun, prins George, dra sy ’n rok van sowat R730 van die kraammodewinkel Seraphine. Entoesiastiese aanhangers het geen tyd verspil om die rok van Seraphine se webtuiste op te raap nie.

Die rok is binne twee uur op die aanlyn winkel uitverkoop, maar Seraphine se eienaar, Cecile Reinaud, glo hulle sal die oorvloed bestellings kan hanteer.

Sy het aan MailOnline gesê: “Ons het wonderlike verskaffers wat net so opgewonde soos ons oor hierdie nuus is. Hulle werk hard om meer voorraad te verskaf om aan hierdie ongelooflike aanvraag te voldoen.

“Die reaksie is fenomenaal; die rok is binne twee uur uitverkoop nadat die nuus om middernag bekendgemaak is.”

Catherine se kraamstyl is allerweë geloof en die sprankelende hertogin het vrolik gelyk terwyl sy saam met haar seun en man poseer het.

Cecile het Catherine gelukgewens omdat sy so “stralend” lyk op die eerste foto’s van die gesin, wat deur haar pa, Michael Middleton, geneem is.

Sy het gesê: “Dis ’n groot eer dat die hertogin ’n Seraphine-rok vir haar eerste amptelike gesinsfoto gekies het. Sy het so stralend in ons helderkleurige fuchia-ontwerp gelyk. Dis ’n perfekte keuse om die wêreld haar geluk oor haar nuwe baba en man te wys.”

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!