Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Seun (15) aangekeer vir ontvoering, vasgevang op video

$
0
0

’n Tienerseun (15) het Woensdag op ’n plattelandse dorpie in die deelstaat Washington probeer om ’n 22 maande oue kleuter te ontvoer en is in hegtenis geneem nadat sy dade op ’n veiligheidsvideo vasgevang is.

Volgens Wade Magers, sjerif van Lincoln County, is die tienerseun uitgeken met behulp van ’n veiligheidsvideo, asook onderhoude en die insameling van bewysmateriaal.

Wade sê die seun is minderjarig; daarom kan sy identiteit nie bekendgemaak word nie. Wade sê een van die ontvoerde prooi se jong sibbes het ook die verdagte uitgeken.

Die 15-jarige is na ’n jeug-aanhoudingsentrum geneem op aanklag van beweerde menseroof, sê Wade. Die kantoor van die staatsaanklaer in Lincoln sal besluit oor die formele aanklag.

Wade het die media, wat foto’s van die verdagte versprei het, bedank asook die publiek vir die verskaffing van wenke.

Die kind se twee sibbes het gegil en hom gejaag.

Die saak het wyd aandag getrek toe dramatiese grepe van die veiligheidsvideo verlede Sondag ’n man toon wat met ’n kleuter in sy arms op ’n sypaadjie hardloop.
Die kind se twee sibbes het gegil en hom gejaag. Die voorval het geëindig toe twee tienerseuns by die jaagtog aansluit, waarna die ontvoerder die kleuter neergesit en op die vlug geslaan het. Die kleuter is nie beseer nie.

Die storie het begin toe Michael Wright Sondag sy drie kinders by ’n kinderoppasser in Sprague gelaat het terwyl hy werk toe is. Die kinders – Brenden (10), Delicia (8) en die kleuter – het sonder toesig in ’n stadspark naby die oppasser se huis gespeel.

Polisiebeamptes sê die verdagte het ’n paar minute met die kinders gepraat, die kleuter uit sy stootwaentjie gegryp en straataf gehardloop. Op ’n veiligheidsvideo by ’n kruidenierswarewinkel kan die ontvoerder gesien word waar hy met die kind in sy arms hardloop, met Delicia wat hom jaag, en Brenden nie ver agter haar nie.

Volgens die sjerif se kantoor het die ontvoerder die kind op ’n leë erf neergesit en gevlug toe die ouer seuns naderkom.

Kyk hier na die video:

 

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!