Botswana se polisie ondersoek waarom ’n 31-jarige ma van vier na bewering van haar pasgebore baba se vingers afgekap het, berig die koerant Echo.
Volgens familielede het die vrou, wie se identiteit nie bekendgemaak mag word nie om die kind te beskerm, die baba probeer doodmaak nadat sy tuis op die dorp Kanye die lewe aan die kind geskenk het.
’n Familielid, Masego Babotsi, het gesê: “Die ouma het die baba gered. Dit was skokkend om die baba sonder ’n paar vingers te kry.”
Die beskuldigde het glo by haar huis aan haar anders kinders die lewe geskenk sonder om mediese hulp te vra, het Masego gesê.
‘Selfs die baba se tong was gewond, wat vrese laat ontstaan het dat die ma dit ook probeer afkap het.’
“Selfs die baba se tong was gewond, wat vrese laat ontstaan het dat die ma dit ook probeer afkap het. Ander sigbare wonde was aan die (baba) se kop en maag.”
Die baba is in die Sewendedagadventiste-kerkhospitaal behandel.
Supt. Sello Ntwaagae, die bevelvoerder van die streek se polisiekantoor, het die voorval bevestig.
Die ma is in hegtenis geneem en sal waarskynlik aangekla word weens moord en aanranding met die opset om ernstig te seer.
Bron: Sapa