Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Help, my kind is ’n touopgooier!

$
0
0

Wat maak mens as jou kind heeltyd tou opgooi?

Ons het dit al almal ervaar – jou kind smeek vir ’n nuwe kitaar of danslesse, want dit is hul droom. Jy het skaars die eerste paaiement betaal en skielik wil hulle ophou. Wat moet jy doen? Ons vra Lianna Morrison, ’n opvoedkundige sielkundige van Hermanus, se hulp:

Hoe stel jy vas of jou kind ernstig oor ’n nuwe sport, klas of stokperdjie is? Watter soort vrae kan jy vra om te verseker dit is nie net ’n fase nie?

Daar is drie faktore om te oorweeg wanneer jy besluite oor jou kind neem en dit sluit besluite oor buitemuurse aktiwiteite in: Watter invloed het dit sosiaal, emosioneel en liggaamlik op my kind? Buitemuurse aktiwiteite is ’n vorm van leer wat nie-bedreigend moet wees en waarde tot jou kind se lewe moet toevoeg. Al kan buitemuurse aktiwiteite pret wees en jou kind dalk in ’n aantal daarvan uitblink, kan dit uitputtend wees, met hul huiswerk en gesinstyd inmeng, en duur en tydrowend vir die gesin wees. As dit vir jou lyk of jou kind aan alles wil deelneem, help hulle hul keuses tot twee of drie beperk. Gee hulle leiding om te verstaan deelname net omdat hul maats deelneem, is dalk nie ’n goed genoeg rede nie; terwyl kunsklasse neem omdat hulle daarvan hou om kreatief te wees, wel is.

Vrae om te vra:

  • Vra hulle om tussen aktiwiteit A en aktiwiteit B te kies. Hul keuse kan help bepaal wat dit is wat hulle geniet en graag doen.
  • As hulle sukkel om te besluit, vra vir hulle vir watter een hulle sou betaal as hulle self vir die aktiwiteit moes betaal (jou kind moet oud genoeg wees om die waarde van geld te verstaan).
  • Sluit hul keuses aan by wat hulle reeds geniet om te doen? As hulle graag by die huis rond dans, strook ’n versoek om ’n dansklas by te woon met hul huidige belangstellings. En as hulle kreatief is, is dit ’n redelike versoek om ’n pottebakkursus te neem. Daareenteen is dit nie ’n goeie rede om aan ’n aktiwiteit deel te neem omdat hulle dink dit sal jou as ’n ouer tevrede stel nie.
  • Praat met hulle oor wat hulle na die aktiwiteit aantrek, byvoorbeeld of hulle wil deelneem omdat hul maats deelneem. Vra of hulle steeds sal belangstel as die aanvanklike opwinding afgeplat het.

As jou kind wil ophou kort nadat hulle begin het, moet jy hulle toelaat om op te hou?

Al is dit maklik om gefrustreerd te raak met ’n kind wat wil ophou, is dit ’n kwessie wat deeglik bespreek of ondersoek moet word. Soms wil kinders tou opgooi weens onsekerheid, wat verdwyn nadat hulle die aktiwiteit ’n paar keer bygewoon het. As hulle regtig niks van die aktiwiteit hou nie, kan dit teenproduktief wees om hulle te dwing om voort te gaan. Maar probeer saam met jou kind met ’n oplossing vorendag kom voor jy hulle laat ophou. Buiten ’n verandering van belangstelling, is daar verskeie redes wees waarom ’n kind dalk met ‘n aktiwiteit wil ophou:

  • Hulle voel dalk verleë dat ’n vriend meer gevorderd as hulle is. Herinner hulle dat die vriend dalk al langer aan die aktiwiteit deelneem en dat ons almal verskillende talente het. Sê vir hulle mense neem om verskillende redes deel – party wil dalk mededingend wees, terwyl ander dit ter wille van die genieting van die aktiwiteit doen – en albei ingesteldhede is geldig.
  • Hulle wil dalk ophou, want dit is nie wat hulle verwag het nie. Vra vir jou kind van watter deel van die aktiwiteit hulle nie hou nie en hoe dit verskil van hul beskouing van wat die aktiwiteit sou behels het.
  • As dit ’n probleem met die afrigter of ’n ander kind is, luister na hul bekommernisse. Is dit ’n persoonlikheidsverskil, word hul vaardighede bevraagteken of word hulle afgeknou? Probeer eers die probleme oplos voor jy jou kind toelaat om op te hou.
  • Hulle sukkel dalk met die aktiwiteit of voel skaam of bang daaroor om nuwe goed te beproef. As hulle sukkel, is dit raadsaam om te ondersoek waarom hulle sukkel.
  • Maar jou kind sukkel dalk weens liggaamlike probleme en dit is belangrik om te kyk of dit hul vermoëns en geesdrif beïnvloed om deel te neem. Liggaamlike kwessies soos swak spiertonus, sig of hand-oog-koördinasie kan bydra tot teensin om deel te neem.
  • Verbandhoudend met die bogenoemde punte: As jou kind byvoorbeeld reeds arbeidsterapie ontvang en die terapeut het die aktiwiteit aanbeveel ter ondersteuning van die werk wat hulle tydens terapie doen, moet dit staking van die aktiwiteit met die terapeut bespreek word. As jou kind baie teneergedruk is, moet alternatiewe ondersoek word wat op dieselfde areas inwerk.

Indien nie, hoe lank moet hulle deelneem?

Afhangende van die aktiwiteit, behoort hulle minstens ’n kwartaal (soos ’n skoolsport) of ses maande (soos dans, gimnastiek, skaak) te voltooi of tot aan die einde van die eerste kursus uit te hou. Al is ons almal geneig om te wil hê ons kinders moet ’n aktiwiteit kies om op te fokus, kan korter tydperke van blootstelling aan ’n verskeidenheid aktiwiteite of vaardighede net so waardevol wees as om jare lank op een of twee te fokus, want dit kan hul belangstellings, kennis en vaardighede uitbrei.

Jy kan jou kinders die waarde van deursettingsvermoë leer deur hulle te help verstaan waarom hulle deelneem.

As jou kind ’n aktiwiteit gekies het waarvoor jy toerusting of instrumente moes koop of as jy reeds vir ’n maand se klasse betaal het, verduidelik vir hulle hulle moet dit bywoon tot die betaalde klasse verby is. Verduidelik voor hulle die aktiwiteit kies vir hulle daar is ’n begroting vir buitemuurse aktiwiteite en jy is bereid en gewillig om daardie geld aan hul buitemuurse aktiwiteite te bestee, maar wanneer die begroting opgebruik is, is hulle welkom om self vir hul verdere belangstellings te betaal (dis relevanter vir ouer kinders).

Hoe laat jy jou kinders verstaan hulle moet by hul besluite hou?

Jy kan jou kinders die waarde van deursettingsvermoë leer deur hulle te help verstaan waarom hulle deelneem. Herinner jou kind ons moet werk aan die meeste goed wat ons geniet. Ons het almal van ons fiets af geval voor ons daardie gevoel van vryheid ervaar het wat daarmee gepaard gaan om op ons eie te trap. Of vergelyk deursettingsvermoë met ’n appelboom wat as ’n saad begin het en moes groei voor ons sy skaduwee, vrugte en klimplek kon geniet. Nie alles wat ons doen is die heeltyd pret of hoef dit te wees nie, maar daardie gevoel van weet ons het deurgedruk, selfs toe ons nie regtig wou nie, kan nooit van ons weggeneem word nie.

Is daar tye wanneer jy hulle moet toelaat om op te hou?

As jou kind gedurig prikkelbaar, hiperaktief, oorgestimuleerd of tranerig is, of op ander maniere hul ontsteltenis toon wanneer hulle van die buitemuurse aktiwiteit af kom, is dit in niemand se belang om hulle met die aktiwiteit te laat voortgaan nie. Daar word aanbeveel jy praat met jou kind en die afrigter of onderwyser voor hulle ophou, want dit is dalk ’n probleem wat opgelos kan word.

As jou kind onderskat het hoeveel tyd die aktiwiteit in beslag sal neem en dit raak hul skoolwerk of vermoë om aan ander “gewone” aktiwiteite deel te neem, is dit dalk tot hul beswil om op te hou. Namate kinders ouer word, kan hul belangstellings meer gefokus word en verkies hulle dalk om aan net een of twee buitemuurse aktiwiteite deel te neem. As die besluit geneem word om op te hou, sorg dat jy die gevolge van die besluit met jou kind bespreek het en beklemtoon daar sal ander geleenthede wees. En fokus op die positiewe aspekte, soos meer tyd om op hul skoolwerk te fokus of by die huis te speel.

-Roxanne Eastes


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>