Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Daar is ‘n verband tussen prostaat- en borskanker

$
0
0

In ‘n ondersoek is bevind dat vroue wie se pa of broer prostaatkanker gehad het, ‘n groter kans het op borskanker.

Amerikaanse navorsers het opgemerk dat albei die siektes veroorsaak word deur ‘n foutiewe geen wat in families oorgedra word en dat dit nie slegs die vroulike lede van die familie is wat bepaal of ‘n vrou moontlik borskanker kan kry nie.

Daar is ‘n studie gemaak van 78 171 vroue bo 16 jaar en daar is bevind dat, as hul manlike familielede aan prostaatkanker gely het, 14 persent meer vroue geneig is om borskanker te kry. Hul kans het verhoog indien hul moeder of suster(s) ook borskanker gehad het. Dit styg dan tot 78 persent.

Dit is alombekend dat verskeie gesondheidsprobleme oorgeërf kan word, maar wetenskaplikes glo dat foutiewe gene ‘n groter rol speel by die vasstelling van toekomstige siektes as wat voorheen geglo is.

Die hoofskrywer van die navorsing – wat in die tydskrif Cancer gepubliseer is – versoek dokters om meer vrae aan vroue te vra gedurende ‘n roetine-ondersoek. Hulle moet veral uitvind of daar prostaatkanker in die pasiënte se familie voorkom. Dit verseker ‘n vroeë diagnose en behandeling kan dus ook gouer begin.

‘Dit verseker ‘n vroeë diagnose en behandeling kan dus ook gouer begin.’

Dr. Jennifer Beebe-Dimmer van die Barbara Ann Karmanos-kankerinstituut en Wayne-staatsuniversiteit van Medisyne in Detroit, wat die werkwyse bestuur het, het die bevindings verduidelik.

“Die verhoging van die risiko ten opsigte van borskanker wat verbind word met ‘n positiewe familiegeskiedenis van prostaatkanker, is minimaal. By vroue met ‘n familiegeskiedenis van bors- sowel as prostaatkanker by hul heel naaste familielede, is daar feitlik ‘n dubbele verhoging in die risiko om borskanker te kry,” het sy gesê.

“Hierdie bevindings is belangrik in die sin dat dit gebruik kan word om ‘n benadering deur klinici om ‘n volledige familiegeskiedenis van alle soorte kanker op te stel – veral ten opsigte van die heel naaste familielede – ten einde die pasiënt se risiko om kanker te kry, kan beoordeel.”

Sy meen ook dat families waar groepe van verskillende soorte kanker voorkom, die studie baie kan help om uit te vind hoe dit gebeur en om nuwe genetiese mutasies te kan uitsoek.

Dr. Caitlin Barrand, senior beleidsbestuurder by Breakthrough Breast Cancer, steun hierdie opvatting en sy beveel aan dat vroue hul huisdokter nader om enige vrese te bespreek dat familiekwale hulle kan raak.

“As nog navorsing die bevindinge van hierdie studie bevestig, kan dit ons vermoë verbeter om die individu se risiko om borskanker te ontwikkel vas te stel. Dit kan ook verpersoonlikte planne bied wat kan help om die siekte te voorkom of om dit vroegtydig te diagnoseer sodat dit suksesvol behandel kan word,” het sy bygevoeg.

© Cover Media

 

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>