Pestosous
- 250 ml (1 k) basilieblare
- 60 ml (¼ k) gepelde amandels
- 60 ml (¼ k) pecorinokaas
- 60 ml (¼ k) olyfolie
- 15 ml (1 e) suurlemoensap
- sout en vars gemaalde peper
Slaai
- 700 g baba-aartappels, gekook en gehalveer
- 1 rooi-ui, in skyfies gesny
- handvol vars basilieblare
- Pestosous Verpulp al die bestanddele in ’n voedselverwerker.
- Slaai Meng alles liggies, giet die sous oor en roer deur. Sit voor met Griekse jogurt en olywe.