Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Man met seldsame siekte kan dronk word van aartappelskyfies

$
0
0

’n Brit ly aan ’n siekte wat koolhidrate in alkohol omsit.

Nick Hess ly aan ’n siekte wat outo-brouerysindroom genoem word. Die siekte veroorsaak dat sy liggaam uitermate baie gis vervaardig en dit sit die koolhidrate wat hy ingeneem het, om in alkohol.

Voor die 34-jarige man verlede jaar gediagnoseer is, het sy geliefdes vermoed hy het ’n drankprobleem.

“Dit was grieselrig. Ek sou ’n klompie koolhidrate eet en ewe skielik was ek verspot en vulgêr. Ek het ’n jaar lank elke dag opgegooi wanneer ek wakkerword.

“Partykeer sou dit oor ’n paar dae aankom, maar soms was dit net kaplaks! Ek is dronk,” het hy aan die BBC gesê.

Sy vrou, Karen Daw, het vermoed hy gaar stilletjies drank op en dat dit sy lukrake oomblikke van beskonkenheid sou kon verklaar.

“Ons sou byvoorbeeld sit en televisie kyk … en teen die einde van die aand sou hy deurmekaar begin raak en hy sou begin sleeptong praat. Bowendien sou sy asem na alkohol ruik.

“Ek het die hele huis gefynkam op soek na alkohol; oral waar ek kon dink hy miskien ’n botteltjie of flessie sou kon wegsteek. Die pynlike deel hiervan was om aan hom te twyfel.

“Dit het my net meer vasbeslote gemaak om te probeer uitvind wat hy makeer,” het sy aan ABC News gesê.

Ná die diagnose hou Nick sy siekte onder beheer deur middel van ’n dieet wat laag is in koolhidrate, en hy neem ook antifungusmedikasie. Alhoewel hy nog een of twee aanvalle per maand kry, is sy toestand aansienlik beter as vantevore.

Bronne: bbc.co.uk, mirror.co.uk, metro.co.uk


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>