Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Internet gons oor wesel op voël se rug

$
0
0

Dit lyk heeltemal te goed om waar te wees. Die internet het gister behoorlik gegons nadat ’n foto van ’n wesel op die rug van ’n houtkapper soos ’n veldbrand versprei het.

Die amateurwildlewefotograaf Martin Le-May het die ongelooflike oomblik buite sy tuisdorp, Essex in die Verenigde Koninkryk, op kamera vasgevang en op sosiale media gedeel. Hoewel dit lyk of die wesel heel onskuldig ’n gratis rit op die voël se rug geniet, verduidelik voëlkundiges die soogdier was eintlik besig om die voël aan te val toe die voël hom op sy rug wegvlieg. ’n Ent verder het die houtkapper gaan land, waarna die wesel in die lang gras verdwyn het.

Aanvanklik is vermoed Martin het die foto gemanipuleer, maar hy het volgehou hy het nie. Dit het geensins flink internetgebruikers gekeer om die foto gou in snaakse memes te omskep nie. Die hutswoord #weaselpecker is gister wyd op Twitter versprei.

Hier is ’n paar van die snaakste manipulerings waarmee grapmakers vorendag gekom het.


 


 


 


 


 

Bronne: The Guardian, ITV.COM


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>