Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Superskommels vir swanger vroue

$
0
0

Daar is so baie goed wat jy in ag moet neem terwyl jy swanger is. Voeding is voorop in enige voornemende ma se gedagtes. Een van die beste maniere om sommer baie goedheid op ’n slag in te kry, is deur vir jou ’n smaaklike skommel te maak. Maar watter bestanddele moet jy kies wanneer jy verwag?

Piesangs

Dié vrug is ’n gewilde bestanddeel vir skommels en ’n uitstekende keuse vir swanger vroue. Vitamien B6 help babas se sentrale senustelsel ontwikkel, terwyl kalium goed is teen beenkrampe. Vesel is ook baie belangrik tydens swangerskap en piesangs bevat amper 10 persent van die aanbevole daaglikse inname. Gebruik dit as ’n grondslag vir enige skommel wat jy maak.

Griekse jogurt

Wil jy jou skommel romeriger en vullende maak? Kies Griekse jogurt pleks van die laevetsoort. Dit het dubbel soveel proteïen as die gewone weergawe en bevat ook volop kalsium. Dit is belangrik, want vroue wat nie genoeg kalsium inkry nie, gee die klein hoeveelhede wat hulle het, aan hul baba. Hul eie voorraad sal dus uitgeput raak, wat tot beenprobleme kan lei.

Avokado’s

Die kragtige vrugte is groot nuus wat voeding betref, danksy die energie en goeie vet wat hulle bied. Vir swanger vroue is die foliensuur in avokado’s ook ’n groot pluspunt, want dit help met die ontwikkeling van die fetus in die vroeë fases van swangerskap.

Maca-poeier

Fiksheidsfanatici voeg nou al lank dié poeier by hul skommels; hoekom sal swanger vroue dit dan nie ook doen nie? Maca verhoog energie en balanseer hormone. Dit kan selfs vrugbaarheidsvlakke ’n hupstoot gee as jy en jou lewensmaat probeer swanger raak.

Amandels

Dié neute is ’n goeie peuselhappie tydens swangerskap, maar kan ook in skommels gebruik word, as jy dit so verkies. Hoe dit ook al sy, maakdit altyd deel van jou eetgewoontes, want dit is propvol gesonde vette, proteïen, kalium, kalsium, yster, sink en vitamien E.

Blaargroentes

As jy ’n soutige skommel verkies, hoef jy nie verder te soek as spinasie en krulkool nie. Dit bevat vitamiene A, C en K en folaat, en bevorder ook ooggesondheid.

© Cover Media


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>