As jy verslaaf is aan sjokolade kan jy dit nou snuif, nes baie dwelmmiddels.
Die nuwe gier is in België uitgedink deur Dominique Persoone van The Chocolate Line nadat Ronnie Wood en Charlie Watts van The Rolling Stones hom versoek het om iets oorspronkliks vir hul verjaardagpartytjie te ontwerp.
Volgens Dominique se webtuiste gebruik mens ’n spesiale masjientjie wat dit moontlik maak om die sjokolade te snuif. Dominique beweer dat dit mens ’n “sjokolade-ontploffing gee” en voer aan “onlangse navorsing toon hoe belangrik die reuksintuig is wat kos proe betref”.
Meer as 25 000 van die sjokolade-snuifmasjientjies is al wêreldwyd verkoop.
Dit is alombekend dat sjokolade die genothormoon dopamien laat afskei wanneer dit geëet word, maar party dokters waarsku as die sjokolade te hard gesnuif word, dit in die longe kan beland, die slymvliese in die neus kan beskadig of allergiese reaksies kan veroorsaak.
Mits dit glo reg gebruik word, beland die sjokolade agter in die keel en is dit ’n sensasie soos min.
Kyk hier na die video:
Bronne: independent.co.uk, news.nationalpost.com