Sterre met Arthur Bowman
VERJAARDAGVERSLAG:
Dit beloof om ’n spesiale jaar te wees vir persoonlike verhoudings. Dis ’n jaar waarin jy liefde uitdeel en ook baie ontvang. Daar kan selfs tye wees dat jy ongemaklik voel omdat te veel liefde en toegeneentheid na jou kant toe kom.
BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:
Hierdie persone is goedhartig, vriendelik en vrolik. Hulle stel belang in die kunste en kan in minstens een kunsrigting uitblink, dalk meer. Hulle sal ook liggaamlik veeleisende sport beoefen en baie goed vaar daarin.
VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)
Daar sal probleme met geld of persoonlike besittings wees, maar terselfdertyd is daar ook goeie sterre om goed te kry wat jy kan gebruik om die mure of oppervlakke in jou huis te versier. Wees net versigtig wanneer jy koop en dinge ruil.
RAM (21 Mrt.-20 Apr.)
Mars, jou heerser, is bedrywig in jou teken en dit sal jou aan die gang hou. Hierdie sterre is ook goed om jou te help om werk wat wag, klaar te maak. ’n Geneigdheid om prikkelbaar te wees kan ’n probleem wees.
BUL (21 Apr.-20 Mei)
Jy is in ’n bui om te ontspan en die lewe te geniet, en jy het die regte sterre daarvoor. Ongelukkig haal hierdie sterre ook weer toestande op wat ’n groot deel van jou verlede was. Hoeveel van ons sal dit verwelkom?
TWEELING (21 Mei-21 Jun.)
Vandag is ’n tyd vir persoonlike prestasies, maar dis ook ’n dag waarop jy saam met vriende kuier en hul geselskap geniet. Die goeie nuus is iets wat jy lank wou hê, sal eindelik gebeur.
KREEF (22 Jun.-23 Jul.)
Met die vurige Mars in jou middelhemel en Venus wat in ’n eenderse posisie liefde bring, kan dit ’n baie goeie dag wees. Dis die regte dag om met nuwe planne te begin, al is dit baie moeilik. Omgord jou lendene en begin.
LEEU (24 Jul.-23 Aug.)
Daar is goeie sterre om geld te bespaar, maar omdat jy ’n Leeu is, is daar altyd goeie sterre vir geld bestee. Al probleem is jy het die geld wat jy vandag so graag wil uitgee, dalk binnekort nodig, maar dit sal pret wees.
MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)
Met jou huidige sterre sal gesamentlike geldsake ’n taamlike knou kry. Dis nie goeie omstandighede nie, maar jy sien geen uitweg nie. Jy het jouself verbind en moet jou belofte gestand doen.
WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)
Jou sterre bring energie en geesdrif, en terselfdertyd liefde en toegeneentheid. Dis ’n welkome verandering. Die goeie nuus is jou hoek vir intimiteit sal geaktiveer word; dus sal jy ’n paar intieme oomblikke beleef.
SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)
Dikwels bring die sterre wat jy het, klein beserings mee, soos snye, brandmerke of skrape. Dié beserings is meestal weens agtelosigheid. Jy kan die probleem kleiner maak as jy jou oë en ore gebruik om eenvoudige strikke te vermy.
BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)
Jou vyfde hoek sal werklik goed geaktiveer wees. Dié hoek behels onder andere babas en kinders, maar meestal romanse. Mooi dinge sal in jou liefdeslewe gebeur en vandag baie spesiaal maak.
STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)
Iets eindig en begin vandag. Die einde is iets waaroor jy waarskynlik bly is en die begin is iets wat jy werklik verwelkom. Baie mense sal ’n nuwe begin in hul liefdeslewe maak. Jy is vandag gelukkig.
WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)
Dis raadsaam om omstrede sake en argumente te vermy, maar wanneer jy die sterre het wat jy vandag het, storm jy blindelings in terwyl ander versigtiger sal wees. Dit sal jou glad nie goed doen nie. Om reg te wees is nie al wat saak maak nie.