’n Afgetrede Brit wat in ’n besige supermark onthoof is, was magteloos om die “absoluut afskuwelike” aanval te stuit, is in die hof getuig.
Daughter of woman beheaded in Spanish supermarket weeps after hearing details of mum's death http://t.co/IQ32eUf8Mc pic.twitter.com/8TCu6Nu6NM
— Daily Mirror (@DailyMirror) February 18, 2015
Jennifer Mills-Westley (60) is op 13 Mei 2011 aangeval terwyl sy inkopies gedoen het in ’n supermark op die Spaanse vakansiedorp Los Cristianos.
Deyan Deyanov, wat destyds aan paranoïese skisofrenie gely het, het ’n mes opgetel en Jennifer herhaaldelik in die nek gesteek.
Toe tel hy die afgesnyde kop op en stap uit die supermark.
Volgens die lykskouer, Jacqueline Lake, was Jennifer absoluut weerloos.
“Die verweerder het Jennifer se vermoë om te reageer en haarself te verdedig, of selfs om weg te hardloop, heeltemal belemmer.
“Hy het seker gemaak dat hy sy prooi kon doodmaak sonder dat hy self in gevaar was.”
Haar dogter, Sarah Mills-Westley, het gehuil toe die gruwelike besonderhede oor haar ma se dood tydens die verhoor voorgelees is.
“Mnr. Deyanov het ’n mes wat gebruik word om ham mee te sny, van ’n rak af opgetel. Hy het haar van agter af aangeval en haar herhaaldelik in die nek gesteek tot haar kop heeltemal afgesny was.
“Dit was ’n absoluut grusame voorval,” het sy bygevoeg.
Dayanov is ná die voorval gevonnis tot 20 jaar in ’n psigiatriese plek van veiligheid.
Bronne: BBC, Daily Mail, News.com.au