GENOEG VIR 1 MENS
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 15 min.
MARINADE
15 ml (1 e) natuurlike jogurt
5 ml (1 t) droë origanum
1 grasui, gekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
3 ml (ruim ½ t) fyn komyn
sap en skil van ’n halwe suurlemoen
5 ml (1 t) kanola-olie
VLEIS
1 varknektjop van 120 g
VIR VOORSIT
125 ml (½ k) patatpuree, gegeur met ’n knippie gemmer
halwe mielie, gaargestoom
250 ml (1 k) jong groenbone, gaargestoom
Voorverhit die oond tot 230 °C.
- Meng al die bestanddele vir die marinade en vryf die vleis daarmee in. Laat dit 10 min. marineer.
- Verhit ’n gietysterpan en braai die tjop tot alkant bruin. Plaas die tjop op ’n bakplaat en oondbraai 10 min. by 230 °C of tot net gaar.
- Sit voor saam met die patatpuree, mielie en groenbone.