Dit is vanaand op die kassie:
17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.
17:30 Thomas (kykNET): Nigel, die kok, help vir Hannes om vir Dawie netjies op sy plek te sit en ’n vuurwarm les te leer. Alex leen haar ore aan verkeerde mense uit. Louisa is nie meer seker of sy die regte besluit geneem het nie.
18:30 Villa Rosa (kykNET): Isabel kom tot Stef se redding en skilder vir hom ‘n grimmige prentjie van sy toekoms sou hy besluit om op sy huidige pad te bly. Vicky en Marius het ‘n ernstige gesprek in die lig van wat die vorige dag tussen hulle gebeur het. Stef poog om sy lewe om te draai. Maryke speel te heerlik met almal maar hoe lank nog voor iemand lont ruik? Nico behaal uiteindelik sukses.
18:30 Masterchef Junior USA(M-Net): Kyk hoe die jong sjefs ’n storm los kook in Gordon Ramsay se kombuis.
18:30 7de Laan (SABC2): Bernard vra vir Ryno vir advies. Almal in Hillside is opgewonde om Bernard met sy verrassing vir Danelle te help. Oppiekoffie word skielik ’n misdaadtoneel.
19:30 Binnelanders (kykNET): Dit lyk asof Adler die hef in die hand het, en Adelyn en Zadie reageer op nuus oor die opvoering. Pippa moet vinnig en flink op haar voete dink, en Cheri-Lee is verleë oor werk. Susanna neem die leisels oor – maar ook nie vir te lank nie – en Merle besef wat die verhouding is tussen Okkie en Zadie. Jana bewys haar lojaliteit – en gee ‘n ultimatum.
20:00 Reis na Gister (kykNET): Iewers tussen Beyerskloof in Stellenbosch en Vermont by die see sal jy wynmaker, keldermeester en pinotage-koning Beyers Truter aantref. Ons drink graag ‘n glasie wyn terwyl hy van sy kleintyd vertel.
20:00 Just Shoot Me (e.tv): Jack vra almal om hul neuse uit sy komende egskeiding te hou. Maya heroorweeg haar eie verhouding met Elliott.
20:30 America’s Got Talent (e.tv): Kyk hoe Sharon Osbourne, Piers Morgan en Howie Mandel nuwe talent ontdek.
20:30 Vlug na Egipte (kykNET): Dot voel skuldig oor Troffel se wildsvleis, en diefstal op Daggafontein is die begin van ‘n sluwe plan. Gertjie en Charles kom tot ‘n vergelyk oor geld, terwyl Rooikappie na iets belangriks soek – wat sy om die dood nie kry nie. Cyril en Abdoel se konfrontasie hou groot gevolge vir Kortjas in en boonop gebeur iets met Priscilla. Hennie vra Tony se hulp met sy kinders, terwyl ‘n ontdekking oor Dominee lede van die gemeenskap ruk.
20:30 Nikita (SABC3): ’n Skelm sluipmoordenaar keer terug om wraak te neem teen die organisasie wat haar opgelei het.
22:30 Elementary (M-Net): Johnny Lee Miller en Lucy Liu vertolk die rolle van die moderne Sherlock en Watson.