Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

VIDEO: Kim Kardashian skeer die gek met haarself in nuwe Super Bowl-advertensie

$
0
0

Wie het nou gedink Kim Kardashian West kan snaaks wees?

Die 34-jarige werklikheidster steek die draak met haarself in ’n nuwe Super Bowl-advertensie vir die selfoonmaatskappy T-Mobile. “Haai, ek is Kim,” sê sy terwyl haar naam op die skerm flits met haar titel, “beroemde persoon”. Hoe anders?
In die advertensie moedig die selfie-koningin mense aan om liewer die data wat hulle nie gebruik nie, aan haar te bestee deur na haar selfies te kyk.

“Elke maand word miljoene GB se ongebruikte data teruggeneem deur maatskappye wat koordlose dienste lewer. Tragies,” sê sy ewe ernstig in die kamera. Kim vertel en wys ook boonop wat jy alles misloop deur nie jou data te gebruik nie – van haar grimering en uitrustings tot haar weelderige vakansies.

Kyk die advertensie hier:

 

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!