Dit is vanaand op die kassie:
17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.
17:30 Geure uit die Vallei (kykNET): Op Chris se kraakvars slaaispyskaart is: millet en botterskorsie met artisjok-reuse, koeskoes en tamatie met Chevin, en ’n vars vrugteslaai met ’n stroop vol geurige speserye.
18:00 The Middle (M-Net): Volg die wanavonture van dié vreemde gesin.
18:30 7de Laan (SABC2): Kom op die hoogte van die daaglikse uitdagings van die Hillside-gemeenskap.
18:30 Villa Rosa (kykNET): Fritz waarsku Stef moet ophou snuffel in Gunther se verlede, maar dan doen Stef ’n skokkende ontdekking. Marius en Stef probeer albei Gunther se aandele in die hande kry, maar Fritz het ander planne. Vicky ruk Stef toe sy hom die waarheid vertel. Maryke speel ’n gevaarlike speletjie met Anthony.
18:30 Masterchef Junior USA(M-Net): Kyk hoe die jong sjefs ’n storm los kook in Gordon Ramsay se kombuis.
19:30 Binnelanders (kykNET): Margie kom spreek Ivanka oor hul ma se jongste doen en late. Pogings word aangewend om Merle se familie op te spoor, en Ilse het finaal genoeg gehad – dan doen sy iets drasties omtrent die saak. Wimpie is ’n vrot waghond, en Cheri-Lee sleep vlerk by Gustav.
20:00 Kwêla (kykNET): Frans Roelofse, stigter van die Afrikaanse sosiale network Toeter, is op die bank. Ons gaan na Huis Elpidos in Pretoria, ’n tuiste vir mense wat aan skisofrenie ly.
21:30 Prontuit (kykNET): Twee vroue met sterk ’n persoonlikheid pak onderwerpe aan wat ’n wyer maatskaplike benadering verg. Mariëtta Kruger en Kabous Meiring werp saam met hul gaste lig op polemieke en kulturele twiste.
23:00 Teen Wolf (SABC2): ’n Jong tiener se hele lewe verander drasties nadat ’n weerwolf hom byt.