Om vyf porsies kos per dag in te kry is beslis is nie ’n geheime resep nie, en op die verpakking van baie kossoorte word behoorlik en prakties aangedui hoeveel porsies dit verskaf.
Eenvoudig gestel, polifenol is ’n groep chemikalieë met plante as basis, wat in ’n groot verskeidenheid kossoorte voorkom. Een groep is fenolsure, waarvan voorbeelde gevind word in droëvrugte, rooi vrugte, uie en koffiesoorte.
Dan is daar flavonoïede, wat in kruie, broccoli, tamaties, tee, kakao en wyn voorkom. Daar ook nog ’n groep alleenlopers wat in geen kategorie pas nie – soos lignien in vlassaad en kurkumien in speserye.
Watter nut het hierdie polifenol nou eintlik?
Hulle is, breedweg gestel, noodsaaklik om die lewensduur te verleng. As jy meer besonderhede wil hê: hulle het te doen met verlenging van die gesondheid van jou hart. Hulle verlaag ook cholesterol en bloeddruk, hulle verbeter die werking en soepelheid van jou are en hulle verhoed dat bloedplaatjies klonte vorm. Hoekom dus nie lief word vir hulle nie?
Hierdie aansprake is beslis nie hol nie – heelwat navorsing rugsteun die uitnemendheid van hierdie kossoorte wat ryk is aan polifenol.
’n Navorsingstuk, wat in die tydskrif Therapeutic Advances in Chronic Disease gepubliseer is, verklaar: “’n Algemene konsensus, gegrond op onlangse studies, is bereik om die hipotese te staaf dat die spesifieke inname van voedsel en drank met taamlik hoë konsentrasies flavonoïede ’n belangrike rol kan speel in die vermindering van kardiovaskulêre siektes.”
Navorsers het bevind dat, as jy rou groente eet en hoëvet-suiwelprodukte vermy, die welstand van jou are beduidend kan verbeter. En, die groot nuus is, wyn kan ook help! Maar jy moet natuurlik matigheid voor oë hou.
As jy inspirasie soek vir aandete vanaand, raadpleeg die navorsingstuk deur die Universiteit van Clermont. Hulle het ’n nuttige lys saamgestel van die 100 beste bronne van polifenols.
Naeltjies is heel bo aan die lys, met steranys kort op sy hakke. Kakaopoeier, gedroogde Meksikaanse origanum, selderyaad, swart wurgbessies (“chokeberry“), donker sjokolade, vlassaadmeel, swart vlierbessie (“elderberry“) en kastaiings val ook onder die tien beste bronne.
© Cover Media