Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

TV-gids Dinsdag 13 Januarie 2015

$
0
0

Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Thomas (kykNET): Net toe dit lyk asof Johan Vladimir eindelik agter tralies gaan kry, gebeur iets onverwags. Hannes besluit hy wil by ’n tromkring aansluit, maar Dewie het ander planne vir hom.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Sonja soek hard na werk, maar nie met groot sukses nie. Eben probeer Marius oortuig om haar in diens te neem. Vicky is gefrustreer omdat sy net nie tot ’n afsydige Stef kan deurdring nie. Paul kry slegte nuus en dit plaas nog druk op sy verhouding met Carina. Nico begin werk by die Villa en maak seker Stef kry hom nie te sien nie.

18:30 Got to Dance (M-Net): Kyk hoe Ashley Banjo, Kimberly Wyatt en Adam Garcia hul soektog voortsit om Brittanje se talentvolste dansers op te spoor.

18:30 7de Laan (SABC2): Vince skeep sy werk af – sy gedagtes is duidelik elders. Errol is baie teleurgesteld omdat Petro net vriende wil wees.

19:30 Binnelanders (kykNET): Mnr. Rossouw raai Zieg aan om Adler te gaan spreek, en Ivanka probeer Okkie moed inpraat oor Ilse en die rekening. ’n Permanenter einde aan ’n verhouding is op hande, en ’n tref-en-trap-slagoffer word na ongevalle gebring. Die Ferreiras sit in sak en as, en woede is nie iets wat lank hou nie.

20:00 Reis na Gister (kykNET): Ons reis saam met die akteur Christo Davids na Simonstad waar hy in ’n familie van akteurs grootgeword het. Hoe dan anders dat die toneelspeelgogga hom reeds as jong seuntjie gebyt het?

20:30 America’s Got Talent (e.tv): Kyk hoe Sharon Osbourne, Piers Morgan en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

20:30 Vlug na Egipte (kykNET) NUWE REEKS: Die Haasbroeke weet nie wat om te doen met Rooikappie se geskenk nie. Kortjas en Cyril gee die Inkommers ’n oorsig van die Karoliete, terwyl Sanna by Tony wil weet of sy seggenskap het oor Meester se huis. Leah maak vinnig vriende, maar een van hulle jaag haar met die intrapslag skrik op die lyf. ’n Geweerskoot lei tot ’n ontmoeting tussen Charles en Abdoel. Giel se aanbod is te goed om waar te wees, en Lena se verlede spook by haar.

20:30 Nikita (SABC3): ’n Skelm sluipmoordenaar keer terug om wraak te neem teen die organisasie wat haar opgelei het.

20:00 Just Shoot Me (e.tv): Jack vra almal moet hul neus uit sy naderende egskeiding hou. Maya heroorweeg haar verhouding met Elliott.

22:30 Saving Mr. Banks (M-Net): Die Oscar-bekroonde Tom Hanks vertolk die rol van die legendariese Walt Disney wat ’n skrywer probeer oorreed om ’n storieboek in ’n draaiboek te omskep.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>