Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Mark skaam oor onderklerefoto’s

$
0
0

Mark Wahlberg is nou spyt hy het destyds vir Calvin Klein onderklere gemodelleer.

Die akteur sien veral ook nie uit daarna dat sy kinders uitvind dat hy ’n onderkleremodel was nie.

Die 42-jarige ster is met die model Rhea Durham (35) getroud en het vier kinders: Ella (9), Michael (7), Brendan (4) en Grace (3). Nou het Mark erken hy gaan skaam wees wanneer sy kroos hom oor sy kort tydjie as ’n model begin uitvra.

Hy het aan die koerant Mail on Sunday se Event-tydskrif gesê: “Noudat ek daaraan terugdink, was die onderklere-modelwerk wat ek saam met Kate Moss vir Calvin Klein gedoen het nie ’n goeie idee nie, maar dit het my baie aandag van vroue besorg.

“Ek gaan beslis skaam voel om dit en my rap-loopbaan aan my kinders te verduidelik wanneer hulle oud genoeg is om vrae daaroor te vra.”

Dis nie al waaroor Mark spyt is nie: Hy is ook teleurgesteld in rolprente wat nie aan sy verwagtinge voldoen het nie.

Hy het bygevoeg: “My grootste teleurstelling is flieks wat om watter rede ook al nie gewerk het nie. The Truth About Charlie het nie goed uitgekom nie, maar ek kon darem saam met (die regisseur) Jonathan Demme werk. Dit was dieselfde met Tim Burton en Planet of the Apes. Ná daardie twee rolprente het ek besluit om eerder rolle te aanvaar waarin ek geglo het as rolle in flieks waarin daar iemand was saam met wie ek wou werk.”

 

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>