Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Seun van Roodepoort onder assessering na na swaardmoord

$
0
0

’n 16-jarige seun van Roodepoort, wes van Johannesburg, word deur ’n paneel kenners geassesseer nadat hy na bewering sy ouma met ’n swaard vermoor het, is daar Vrydag berig.

Die plaaslike koerant Roodepoort Record het op hul webtuiste gesê die tiener is by die Bosasa-jeugontwikkelingsentrum, waar hy geassesseer word.

Die Hoërskool Florida-leerder het na bewering Maandag sy 76-jarige ouma met ’n swaard gesteek en is Maandagmiddag by ’n vriend se huis in Georgina in hegtenis geneem.

Die seun is na die vriend se huis toe nadat hy sy ouma in die nek en borskas gesteek het, het Beeld berig.

Die seun se suster het haar in ’n vertrek toegesluit toe die seun sy ouma aanval en die huishulp het uit die huis gevlug.

Sy vriend het aan die Record gesê: “Sowel die dood en moord was fassinerende konsepte vir my vriend.

“Hy het altyd met agting van sluip- en reeksmoordenaars gepraat en het hom as ’n sluipmoordenaar beskou.”

Die seun het Woensdag vlugtig in die landdroshof in Roodepoort verskyn.

Sy prokureur, Aadil Lambat, het gesê die volgende hofdatum hang af van die uitkoms van die assessering en sal in die volgende week bevestig word.

- Sapa


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!