Dit is die soort ontmoeting wat die meeste volwassenes laat ril en gillend uit die vertrek laat hardloop het. Die vreeslose tweejarige Florence Haystaff is blykbaar min gepla oor die reuse spinnekop wat teen haar arm op- en afkruip.
Haar ma, Laura, het die video op Facebook gedeel en die volgende geskryf: “Ek het die kamera gegryp om haar reaksie vas te lê omdat dié gedierte so groot was! Sy was baie kalm en was nie baie gesteur daaroor nie; sy het nie omgegee dat dit teen haar arm opkruip en eindelik oor haar rug gekruip het nie. Sy was vasgenael.”
- Janine Nel
Bron: mirror.co.uk