Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Amal Clooney boei ons vanjaar die meeste

$
0
0

Amal Clooney bevind haar in dieselfde stratosfeer as Jackie Kennedy Onassis, Brittanje se prinses Diana en Catherine, die hertogin van Cambridge, meen Barbara Walters.

Die Britse menseregteprokureur is boaan die TV-aanbieder se jaarlikse lys bekendes wat die afgelope jaar ’n indruk gemaak het. En danksy haar huwelik met Hollywood se hubaarste vrygesel, die akteur George Clooney, het Amal stof in die oë van onder andere Taylor Swift en Scarlett Johannson geskop om die topplek in te neem.

“Hoe stel ek haar voor?” het die aanbieder gevra. “Ek glo die vraag is: Wat verg dit om een van die fassinerendste mans ter wêreld te fassineer? Sy is in daardie stratosfeer wat ons opsysit vir mense soos Jackie O, prinses Diana en hertogin Kate; alles wat sy doen, sê of dra, is amptelik fassinerend.”

Die 36-jarige is in September getroud met die The Ides of March-akteur tydens ’n glansryke seremonie in Venesië. Barbara beskryf dit as “die troue van die jaar” en sê Almal het die onmoontlike vermag: om die ewige vrygesel tot voor die kansel te kry.

“Hy het self in 1995 vir my gesê niemand sal hom kan kry om te trou nie,” het Barbara vertel. “Maar Amal is, nes George, ’n bietjie anders. Sy is hartstogtelik oor menseregte. Nes George, wie se pa ’n verslaggewer was, is haar ma ’n joernalis. En nes George, is sy ’n ster in haar milieu.”

Ander mense wat die lys gehaal het, is Oprah Winfrey, Chelsea Handler en Neil Patrick Harris.

“Dis ongelooflik dat Amal nog die onderwerp van baie min jaloesie was, dalk omdat dit vir ons, nes vir George Clooney, onmoontlik is om volmaaktheid te weerstaan,” het Barbara bespiegel. “Of dalk is dit verblydend om te dink, al duur dit ook hoe lank, daar is ’n nommerpasmaat iewers daar buite vir ons elkeen.”

© Cover Media


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>