Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Facebook-blad help Ierse hawelose sy familie opspoor

$
0
0

’n Hawelose man gaan die eerste keer in 12 jaar Kersete saam met sy familie kan eet danksy die Facebook-blad Humans of Ireland.

George Cunningham se foto het op 8 Desember op die blad verskyn. Hy het aan die fotograaf vertel dat hy wens hy êrens ’n plek kon kry om Kersete te nuttig.

“Ek is haweloos en ek reis na enige dorpe wat ’n skuiling aan haweloses bied sodat ek slaapplek kan kry aangesien so baie plekke vol is. As ek buite in die koue geslaap het, sou ek al dood gewees het.

“Al waarvoor ek nou omgee, is om ’n plek te kry waar ek Kersete kan eet. As ek ’n B&O kan kry wat Kersete insluit, sal ek die geld betaal. Ek sal selfs meer as R1 000 vir ’n hotel betaal as ek moet, ek wil net Kersete hê,” het hy op die blad gesê.

Nadat sy foto op die blad opgelaai is, het hordes mense aangebied om vir sy ete te betaal, hom in te neem vir Kersfees of om vir ’n hotel te betaal. Soos die gewildheid van die storie toegeneem het, het George se suster sy foto gesien en besluit om kontak te maak.

‘Al waarvoor ek nou omgee, is om ’n plek te kry waar ek Kersete kan eet.’

Sy het kontak gemaak met een van die blad se fotograwe, Lee, maar daar was geen manier om kontak te maak met George nie wat op ’n klein vissersdorpie was.
“Ek moes oral in die dorpie bel om iemand te kry wat hom kon vind,” het Lee aan Sky News vertel.

“Ek het na so paar plekke gebel en gesê wat ek doen. Uiteindelik het iemand hom in die hande gekry en hy het my gebel.”

George sal nou Kersfees saam met sy familie deurbring, maar hy is ook deur ander lede van die gemeenskap genader wat hom nog wil help.

Lee het aan Sky News gesê dat ’n hotel naby aan die familie se huis aangebied het om hom te huisves vir een aand terwyl ’n klerewinkel aangebied het om vir hom ’n pak vir volgende week se ete te gee.

Bron: Humans of Ireland Facebook page


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>