Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

HG100 liefdesverhaal: Ek vra jou nie, ek sê jou

$
0
0

Deur Christien Neser

Niemand wag tot die aand voor sy finale eksamen om sy kaarte op die tafel uit te pak nie. Behalwe so ‘n skamerige, aweregse ou wat ek ken. Ons was pelle, lekker pelle. Die Sondag voor die eksamen gaan swem ons nog saam om ‘n breek te vat. Gesels ‘n hond uit ‘n bos. Groet soos besties met ‘n drukkie: Lekker skryf! En toe, Dinsdagmiddag, word ‘n opgerolde poster by die koshuis afgelaai. Ek rol dit oop: Twee varke lê met hul snoete oor mekaar. Die opskrif lees: “Crazy ‘bout you.” Agterop, in sy handskrif: “Voel ook so. Sien vanaand 18h00.”

Wat? Skeer hy gek? Môre skryf ons albei ons hoofvakke. Watse soort pêl is hy? Ek kan nie tien woorde in my kop kry nie. Môre dop ek! Teen halfses staan die hele vyfde vloer agter hul gordyne die ingang en dophou. Toe hy sy fiets teen die heining neersit, spring ek die trappe twee-twee ondertoe. En daar staan ons twee voor mekaar: Bekke vol tande. Ons stap woordeloos tot by Springbokpark. Agter die eerste boom vat hy my vas en soen my tot net duskant ‘n koma. Toe ons opkom vir asem, sê hy: “Ons moet die parkie eendag vir ons kinders kom wys.”

Terug by die koshuis wag die Naughty Nine my in. “Het hy jou gevra!” gil hulle soos een.
“Nee, hy’t my gesê!”

O ja, ons het albei die volgende dag gecum! En so tien jaar later die drie kinders na die parkie geneem om onder die boom te gaan piekniek te hou.

HET JY AL VIR HUISGENOOT SE LIEFDESVERHAALKOMPETISIE INGESKRYF?

IS jou ware liefdesverhaal so dramaties, komies en spesiaal dat jy dit nog altyd met mense wou deel? Wel, waarvoor wag jy? Die tyd raak min om vir Huisgenoot se liefdesverhaalkompetisie in te skryf. Op 16 Mei 2016 word Huisgenoot ‘n hele honderd jaar oud en om die mylpaal te vier, gaan ons ‘n fliek maak. En jou ware liefdesverhaal mag dalk net die inspirasie vir ons draaiboek wees.

So, tel nou jou iPad, slimfoon of rekenaar op en stuur jou liefdesverhaal van nie meer nie as 3000 woorde na HG100fliek@huisgenoot.com voor 14 Februarie 2015. ‘n Paneel van Huisgenoot en kykNET, een van ons borge, sal die verhale evalueer. Buiten die kans dat jou verhaal die inspirasie van ‘n fliek kan wees, is daar kontantpryse van altesaam R10 000 op die spel. KLIK HIER om te sien aan watter kriteria jou storie moet voldoen.

Om jou te inspireer om jou unieke liefdesverhaal te skryf, het ons skrywers gevra om elk vir ons ‘n liefdesverhaal van tussen 100 en 300 woorde te skryf – en Cupido se pyltjie is (meestal) sekuur.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!