Dit is een wat jy beslis nie wil misloop nie, en dit alles gebeur Woensdagaand, 17 Desember 2014, om 20:00 op KWÊLA!
- Ons verken die Namibiese veld saam met DANENE VAN DER WESTHUIZEN.
- Ons vier LAERSKOOL WOLMARANSTAD se honderdste verjaardag.
- LOUZANNE COETZEE, ’n 21-jarige blinde atleet, vertel haar merkwaardige storie.
- TON VOSLOO, Naspers se voormalige voorsitter, kuier op die bank.
- Ons hoor ook wie die wenners van KWÊLA se amateur-videokompetisie vir 2014 is
Kwêla-herhalings is as volg:
Donderdae, 14:30
Vrydae, 10:00
Saterdae, 18:00
Sondae, 13:00
Maandae, 08:30