Mans en hul gewoontes kan soms ’n raaisel vir vroue wees. Maar ’n nuwe studie het dalk die antwoord op een raaisel; die rookgewoontes. Dit dui daarop die manne steek ’n sigaret aan wanneer hulle ’n mooi vrou sien.
Navorsers in Taiwan het 76 manlike rokers, wat probeer om die rookgewoonte te los, bestudeer en hulle in twee groepe verdeel. Die een helfte is foto’s van aantreklike vroue gewys en die ander helfte het gekyk na foto’s van vroue wat so-so lyk.
Toe hulle gevra is om ’n konsentrasietoets te doen, het die mans wat na die foto’s van die mooi vroue gekyk het, laer resultate behaal, wat daarop dui dat hul aandag waarskynlik deur gedagtes aan seks en liefde afgelei is.
En toe hulle na ’n rookkamer gaan ’n opname in te vul, was diegene wat na die mooi vroue gekyk het, meer geneig om te rook, en het hulle twee keer meer sigarette gerook.
Volgens die vaktydskrif Evolution & Human Behavior kan ’n aantreklike vrou ’n man in ’n “paringsingesteldheid” plaas, wat kan veroorsaak dat hulle meer op die hede as die toekoms fokus. Dit kan dalk verduidelik hoekom hulle hul pogings om op te hou rook verontagsaam het.
“Die studie dui daarop die paringsingesteldheid wat veroorsaak word deur foto’s van aantreklike vroue, verminder dalk mans se vermoë om die rooklus te beheer,” sê navorsers van Kaohsiung mediese universiteit.
Hulle stel voor dat mans wat graag wil ophou rook, moet kyk hoeveel aantreklike vroue hulle elke dag raakloop en of dit dalk hul poging om op te hou belemmer. Maar dit beteken nie die manne moet die vroue heeltemal vermy nie; daar is baie maniere vir mans en vroue om die rookgewoonte te klop.
Jou ingesteldheid speel natuurlik ’n groot rol; probeer daarom opgeruimd en hoopvol bly, en moenie toelaat dat ’n foutjie jou onderkry nie. Dis nie die einde van die wêreld as jy op ’n aandjie uit ’n sigaret rook nie. Probeer om meer water tussendeur drankies te drink en verruil af en toe die glas wyn of bier vir sap.
Jy hoef nie al jou vriende wat rook te vermy nie, maar kan daarby baat vind om vriende met nierokers te maak wanneer die versoeking te erg raak. ’n Biejie morele ondersteuning kan jou baie help.
© Cover Media