Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Stuur jy seksboodskappe?

$
0
0

Het iemand jou al gevra om ’n “sexy” foto aan te stuur? ’n Foto wat dalk ’n bietjie te veel wys. Doen jy dit en jy’s jonger as 18 jaar of stuur ‘n boodskap aan ‘n minderjarige, oortree jy die wet. En daar is altyd ’n kans dat jou intieme foto wêreldwyd versprei kan word, sonder jou wete of toestemming.


Wat is seksboodskappe (sexting)?

Seksboodskappe het aanvanklik verwys na die uitruil van seksuele praatjies en foto’s deur middel van ’n teksboodskap, vandaar die naam. Maar deesdae word seksboodskappe deur verskeie poorte gestuur. Maklike, goedkoop toegang tot die internet beteken dit vind op sosiale media soos Facebook en Twitter, asook boodskapdienste soos Whatsapp, BBM en Mxit plaas.

Vandag verwys die stuur van seksboodskappe na alles, van seksuele gesprekke tot die stuur van uitlokkende foto’s om mense vir seksuele aktiwiteite te ontmoet.

Wat is die gevare?

Anders as wat jy dalk dink, is die stuur van seksboodskappe nie beperk tot geselsies met jou goeie vriende nie. Jy moet in gedagte hou wanneer iets eers op die web is, weet jy nie waarheen dit kan gaan nie. Die lewensafrigter en motiveringspreker Godfrey Madanhire wys hier op van die moontlike gevolge.

  • Jy kan jou reputasie skend. As jou uitlokkende boodskap of foto vir ander mense aangestuur of op ’n sosialemedia-webtuiste geplaas word, gaan dit ander mense se idees oor jou beïnvloed. “Veral skoolleerders kan daaronder ly, want nuus oor hul roekeloosheid sal waarskynlik vinnig onder hul tydgenote versprei, hul reputasie skend en daartoe lei dat hulle geboelie word,” waarsku hy.
  • Jy kan jou oortuigings en waardes versaak. Die stuur van seksboodskappe kan hul eie soort groepsdruk ontwikkel en tieners verskuif later die grense terwyl almal mekaar probeer oortref. Dit kan jou uit jou gemaksone ruk en tot baie swak besluite lei, maan Godfrey.
  • Jy kan die slagoffer word van mense wat jou seksueel wil uitbuit. Dis ongelooflik maklik om in ’n kletskamer of op ’n forum te jok oor wie jy is. Daarom is sosialemedia-webuistes die ideale jagplek vir mense wat ander mense seksueel wil uibuit. Die werklikheid is dat jy nooit seker kan wees of James die oulike 16-jarige seun is wat hy sê hy is nie – hy is dalk die 61-jarige John wat sy kleinseun se foto as profielfoto gebruik!

Spyt kom altyd te laat

Dis beter om versigtig te wees wanneer jy op die internet of in kletskamers met mense kommunikeer. Moenie persoonlike inligting deel tensy jy 110 persent seker is met wie jy praat en wat sy bedoelings is nie.

Vertrou altyd jou instink – as iets nie reg voel nie, is daar waarskynlik ’n rede daarvoor. Staan terug en beoordeel die situasie. As jy steeds ongemaklik voel oor die nuwe kontak, is daar ’n baie eenvoudige oplossing – beëindig die gesprek en verwyder die mens van jou vriendelys.

Topwenk

As jy voel jou vriendekring het ’n ongesonde houding jeens seks, sê dan so. Dit lyk dalk onkoel, maar jy sal verbaas wees oor hoe vinnig dinge na normaal terugkeer wanneer die siklus van die verskuiwing van grense eers verbreek is.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>