Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Hanteer werkprobleme so

$
0
0

Of jy nou ’n nuwe pos soek of net ’n bietjie vasgevang voel, daar was al tye dat jy ontevrede was met jou werk.

Dis moeilik, want hoe meer jy daaroor tob, hoe erger kan jy voel. En dan lyk ’n rol wat nie regtig sleg is nie, skielik na die einde van die wêreld. Wat maak ’n mens? Ons kyk na ’n paar maklike maniere om jou op te beur wanneer jy swaarkry by die werk.

Neem ’n blaaskans

Ons sê nie jy moet op die internet begin rondsnuffel wanneer jy ’n verslag moet indien nie, maar maak seker jy ruim die blaaskanse in wat jou toekom. Gebruik dit ook slim. Probeer etenstyd iets inpas waarvan jy hou, of jy nou gaan koffie drink, ’n vriend ontmoet, gim of sommer net gaan stap, tyd weg van jou lessenaar af sal iets word om na uit te sien.

Vriende

Dit is tweeledige raad. Ruim in die eerste plek tyd in vir jou vriende, maak nie saak hoe terneergedruk jy voel nie. Wanneer jy keelvol is, is dit maklik om met ’n bak roomys en ’n stapel DVD’s na jou rusbank te vlug, maar eintlik moet jy tyd deurbring saam met jou geliefdes. Selfs net om mekaar vir ’n geselsie te kry sal jou herinner daar is meer aan die lewe as jou werk. Of dalk kan jy ’n vriend oorreed om saam met jou te begin aandklasse neem en so ook ’n nuwe stokperdjie kry.

Probeer ook voortbou op enige vriendskappe wat jy by die werk het. Daar is meestal minstens een mens met wie jy oor die weg kom en jy kan meer pret hê as julle nader aan mekaar beweeg. Vra jou vriend moet saam met jou gaan middagete eet of leen vir hulle ’n boek – enigiets om ’n band te smee.

Probeer hard

Ja, dis moeilik om belangstelling te behou wanneer jy verveeld is by die werk, maar jy wou in ’n stadium die pos gehad het. Harde werk kan die tyd vinniger laat verloop en sal sorg dat jy raakgesien word. Sodra jy bekend word as iemand wat dinge gedoen kry, sal mense jou ander projekte begin aanbied. Jy weet nooit nie, dit lei dalk tot ’n nuwe pad wat jy meer geniet.

Dink of iets verander kan word om die werk beter te maak. Dalk is ’n proses te omslagtig of kan jy aan ’n beter manier dink om ’n taak te verrig. Wanneer jy eers jou baas goed genoeg ken, kan jy voorstelle doen. Dit sal jou laat uitstaan as iemand wat vindingryk dink.

Persoonlikheid

Natuurlik hou almal hulle ’n bietjie in by die werk, maar moet dit nie te ver voer nie. As jy nooit iets interessants te sê het nie, sal mense nie met jou praat nie. Dis aaklig, maar waar. ’n Bespreking oor gisteraand se TV-program of ’n nuusstorie wat jy gelees het, kan tot iets groters lei. Moet dus nie bang wees om jou stem te laat hoor nie.

© Cover Media


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>