Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Graeme Smith se vrou blog vir ons!

$
0
0

Morgan Deane Smith met hul baba-dogtertjie, Cadence.

Laat ek my voorstel . . .

Vir dié wat nie weet nie, ek is die ma van ’n 10 maande oue babadogter, Cadence. Ek is ook agt maande swanger (Nee, nee, ek is nie mal nie. Ek is net baie aangetrokke tot my man!). Ek is ’n sangeres en liedjieskrywer en ek is Iers.

Nadat ek my man in 2011 ontmoet het, het die liefde gemaak dat ek my musiek- en TV loopbaan in Ierland beëindig, met die liefde van my lewe getrou, my tasse gepak en die wipwa-wêreld in Suid-Afrika aangepak het.

Waarom was ek die een wat getrek het? Wel, eerstens was my man se loopbaan veel bestendiger as myne.

Sangeres wees is harde werk en nooit ’n sekerheid nie. Kinders, as ek vir julle kan raad gee, luister na jul ouers, bly op skool en moenie daarvan droom om ’n rockster te word nie . . . Die een oomblik het jy ’n topnommer-treffer, die volgende oomblik wonder jy: Waar op aarde gaan ek inspirasie vir my volgende liedjie kry? Waar gaan my volgende optrede wees? Sal mense van my nuwe materiaal hou? Hier kom al weer iemand jonger, mooier en talentvoller as ek . . . Hel, waarheen nou?”

Ek was gelukkig dat ek 10 jaar uit die musiekbedryf gekry het en vele lekker, mooi herinneringe het. Om Graeme se lewe aan te neem sou immers baie reis beteken; ’n nuutjie vir my. Dis wonderlik, maar met ’n baba is dit nou effens moeiliker (ons sal in ’n volgende blog daaroor praat). Toe kom die verandering in “lewenstyl”.

“Maar Ierland is ’n pragtige land, waarom sal die lewenstyl daar nie wonderlik wees nie en waarom sou sy daar wou weggaan?” Kom ek sê jou hoekom: die weer! Daardie groot mooi bal in die lug wat almal so songekus, gesond en gelukkig laat lyk en mense heel week lank in wonderlike restaurante laat kuier. Julle ouens hier kry son en julle kry baie daarvan. Moet dit nie as vanselfsprekend aanvaar nie. Dra jou sonblok, maar kom so gereeld moontlik buite in daardie son. Ierland is ’n bekoorlike land, maar dis nie altyd so wonderlik om in die reën deur jou woonkamer se venster daarna te staar nie.

Derdens, die mense. Die mense hier is wonderlik. Ons groep vriende hier is baie spesiaal. Die mense wat ek van dag tot dag ontmoet, is ook meestal baie vriendelik. In die geheel is ek dol oor Suid-Afrika, veral Kaapstad. Ierland sal altyd my siel hê, maar Suid-Afrika is vinnig besig om in my hart in te kruip.

Aan die ander kant is daar Suid-Afrikaners se eerste indruk van my . . . mmm . . . Ek was die een wat ’n paar jaar gelede die nasionale krieketkaptein van sy perskonferensie ná die Wêreldbeker af weggeneem het. “Daardie vrou!” Ja, dis ek!

Terwyl ek verstaan hoe passievol die sport-aanhangers hier is, sal ek dit nooit as iets slegs beskou dat my man Ierland toe gegaan het om my pa te vra om met my te trou nie. En al was my koms hierheen en my troue met Graeme nie vir almal ’n vreugdevolle geleentheid nie, was dit vir al die betrokkenes wel die geval.

As Ierse vrou hou ek nie terug nie. Ek het ’n oop hart en ’n speelse humorsin en my uitlatings in die openbaar het my al in die sop laat beland; soos die penisstorie. Soms word tong-in-die-kies opmerkings voor vreemdelinge glad nie goed opgeneem nie!

Ek dink wanneer mense my van my man leer onderskei, sal hulle my baie meer geniet, want ons verskil regtig hemelsbreed. Hy is bedees, nederig en strydig met die algemene opvatting, baie stil. Ek verstaan, hy is die nasionale krieketkaptein, hy moet wees . . . Ek is net ’n bietjie parmantiger en ietwat luidrugtiger, maar ek is passievol en bedoel nooit om enigiemand te beledig, te minag of kwaad te maak nie. Belowe!

Ek gaan nou hier begin blog en dalk onderwerpe aanraak wat jou belangstelling prikkel. Hopelik kan ons almal vriende word! Jippie!

Met ’n nuwe huwelik, ’n nuwe baba en ’n groot avontuur in Suid-Afrika, het ons dalk langs die pad iets gemeen. Aangename kennis!

Deur Morgan Deane Smith

Morgan Deane Smith is die krieketster Graeme Smith se vrou.

Morgan saam met Graeme

Morgan saam met Graeme

Cadence

Cadence

Morgan terwyl sy verwagtend was.

Morgan terwyl sy verwagtend was.

 

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>