Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Hoekom jy maar aartappels kan eet

$
0
0

Dis hoog tyd om ’n paar algemene wanopvattings oor aartappels uit die weg te ruim.

Die voedingkundige Claire Julsing Strydom takel die grootste drie mites oor aartappels en bied ’n paar gesonde alternatiewe vir tradisionele resepte wat oor die feestyd geniet word.

MITE 1: Aartappels bevat nie so baie voedingstowwe soos ander groente nie

“Aartappels word dikwels onderskat vergeleke met groen groentes; dit bevat eintlik ’n verskeidenheid belangrike voedingstowwe,” sê Claire.

Aartappels verskaf ook jou daaglikse dosis kalium. Trouens, dit bevat meer kalium per porsie as piesangs, wat dikwels met die voedingstof vereenselwig word.

Die lae natriuminhoud tesame met die kaliuminhoud maak aartappels ’n goeie keuse vir dié wat aan hipertensie ly, aangesien daardie twee faktore bloeddrukvlakke help verlaag.

MITE 2: Aartappels tel as koolhidrate en moet dus vermy word

Met prof. Tim Noakes se Banting-dieet wat tans aandag geniet, word aartappels afgemaak as ’n kossoort wat vet maak; daar is ook al voorgestel dat mense dit uit hul dieet weglaat.

Dit is net van toepassing op ’n oormaat hoogs verfynde koolhidrate; kossoorte met suiker is oor die algemeen ongesond. Hierdie kossoorte veroorsaak ’n skielike toename in insulienafskeiding wat ’n reeks inflammatoriese reaksies tot gevolg kan hê.

“Maar aartappels val nie in hierdie kategorie nie. Ja, dit bevat koolhidrate, maar dit is onverfynd en bevat ’n reeks voedingstowwe. Dit is belangrik om die porsie te beheer; die sleutel tot koolhidrate eet is om die hoeveelheid en gehalte wat geëet word, te beheer,” sê Claire.

’n Middelslag-aartappel met die vel aan bevat 498 kJ per porsie; dus die ideale keuse vir ’n gesonde, gebalanseerde dieet.

MITE 3: Aartappels maak vet en moenie by ’n dieet ingesluit word nie

Is jy bekommerd dat ’n aartappel by middagete jou gewigsverliespogings sal stuit? Dink weer – ’n middelslag-aartappel (100 g) bevat net sowat 330 kJ.

Hoe die aartappel berei word, sal die totale energiewaarde beïnvloed.

Met tradisionele slaptjips spring die energiewaarde op tot 1 225 kJ vir ’n porsie van 100 g. Kook of bak liefs die aartappel om dié syfer laag te hou.

Die sleutel tot aartappels gesond geniet is die bereiding daarvan en porsiebeheer. Met hierdie mites wat opgeklaar is, is dit makliker om ingeligte, gesonde keuses te doen oor aartappels en hul insluiting by etes.

Bron: Aartappels Suid-Afrika/potatoes.co.za


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>