Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Oscar oefen glo saam met Tseggiese skurk

$
0
0

Die Tsjeggiese voortvlugtige Radovan Krejcir en die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius oefen saam in die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria.

Oscar and Krej

In ’n klagbrief het Radovan geskryf hy het in Julie ’n fiets en trapmeul gevra sodat hy kan oefen; die versoek is goedgekeur.

Die toerusting is in die gang langs sy sel geplaas.

“Sonder my kennis is my toerusting is aan mnr. Pistorius by sy aankoms aangebied,” het Radovan in die brief geskryf, waarvan Sapa ’n afskrif bekom het.

“Ek het nie beswaar aangeteken nie; trouens, ek en mnr. Pistorius het saam begin oefen.”

Maar Sondag is die toerusting na die besoekersdeel en toe weer na ’n enkelsel op die grondverdieping van die tronk verskuif, het hy gesê.

Daar is nie ruimte in Radovan se sel daarvoor nie.

‘Ek is sedert 9 November van my oefening ontneem.’

“Ek is sedert 9 November van my oefening ontneem weens hierdie ongegronde en onverklaarbare verandering, wat ek meen direk op my gemik is, in net nog ’n vorm van sielkundige en emosionele marteling,” het hy gesê.

Die Tsjeggiese sakeman het die brief aan die gevangenis se bestuur gerig en het dit onder andere aan die minister van korrektiewe dienste, Michael Masutha, die waarnemende nasionale kommissaris van korrektiewe geriewe, Zach Modise, die openbare beskermer, Thuli Madonsela, Amnestie Internasionaal Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie aangestuur.

Hy het ook gekla oor die verwydering van sy televisie ná mediaberigte dat hy toegang tot DStv gehad het.

Die departement van korrektiewe dienste het dit toe ontken dat hy toegang het.

Radovan het gekla sy geheuestokkies met vermaak en nuus met onderskrifte in sy moedertaal, leesstof en notas oor sy verhoor is verwyder.

“Ek is Donderdag in kennis gestel dat my geheuestokkies afgeneem sal word en nie terugbesorg word nie,” het hy gesê.

Hy het ook gekla hy is nie meer toegelaat om met ander gevangenes te sosialiseer nie, soos hy sedert sy aankoms kon doen nie.

Hy het gesê daar is vir hom gesê dit is weens gesondheidsrisiko’s, want party gevangenes het tuberkulose of waterpokkies onder lede.

“Ek ervaar hierdie dade as ’n persoonlike aanval op my en ek glo dit is ’n skending van my menseregte en grondwetlike regte. Boonop is hierdie optrede ongegrond, onregverdig en sielkundige en emosionele marteling,” het hy geskryf.

“Hierdie klag moet nie beskou word as ’n houding van disrespek of ’n persoonlike aanval op die lede van die instelling nie. Maar ek vertrou dat julle die onmenslike manier waardeer waarop ek behandel word.”

Die departement van korrektiewe dienste het Donderdag gesê gevangenes se klagtes en versoeke is gewoonlik van ’n persoonlike aard en moet individueel behartig word.

“Klagtes kan ook by die kantoor van die ondersoekende regter gelê word,” het die woordvoerder Logan Maistry in ’n verklaring gesê.

“Die departement sal nie via die media op sulke klagtes antwoord nie.”

Logan het gesê veiligheidsbeheer in ’n tronk is nie onderhandelbaar nie en die departement sal verseker dat die gepaste veiligheidsmaatreëls vir alle oortreders getref word.

“Die balans tussen veiligheid, beheer en geregtigheid is van uiterste belang.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>