Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

TV-gids Woensdag 12 November 2014

$
0
0

Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 DIY met Riaan (kykNET): Riaan wys hoe om teëls te gebruik om ’n ou tafel in ’n japtrap in ’n spogstuk te verander. Hy wys ook hoe om ’n LED-veiligheidslig te installeer en sonder ’n gemors ’n gat in ’n muur te boor.

18:00 Manhattan Love Story (M-Net): Dana en Peter is twee jong, aantreklike en enkellopende mense wat hul weg in die groot stad probeer vind.

18:30 7de Laan (SABC2): Gita druk op by Felicity vir haar huurgeld. Neville vra verskoning vir die Hillside Times se personeel en die meisies is meer as gelukkig om nuwe talent in Oppikoffie te sien.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Stef konfronteer Sussie oor die geld in haar bankrekening. Eben is op ’n sending om Marius en Carina uitmekaar te hou. Astrid vertel vir Sussie die waarheid oor die inbetaling. Gerhard bied aan om na die Villa om te sien terwyl Fritz nie daartoe in staat is nie. Stef besef Lindie en Astrid het planne het om mekaar te verwoes

18:30 The X-Factor UK (M-Net): Kyk hoe Louis Walsh, Simon Cowell, Cheryl Fernandez-Versini and Mel B nuwe talent ontdek.

19:30 Binnelanders (kykNET): Kobus besef skielik hoe ’n verpleegster in die prentjie pas, terwyl Okkie nie langer in die duister gehou wil word nie. At is ’n man met ’n plan wanneer dit by Jenny kom. Ivanka maak ’n draai by Michelle, terwyl At meer wil uitvind oor ’n onkologie-sentrum.

20:00 Musiek Musiek (e.tv): Laat Tina Meissenheimer en Eagan Williamson jou al die nuutste Afrikaanse musiekvideo’s wys! Hulle kuier ook saam met bekendes, gee resensies en laat die skindertonge klap.

20:00 Kwêla (kykNET): Die Kwêla-span kuier by die dapper Petersen-gesin wie se seun, Christian, met ’n hartdefek gebore is. Hulle kyk ook na die werk wat die Leopards-trust die afgelope 10 jaar gedoen het. M-Net se hoof van Afrikaanse kanale, Karen Meiring, is op die bank om oor 15 jaar van kykNET te praat. En hou solank daai vingers reg om te stem, want dan is dit tyd vir nog Kwêla Funnies!

20:00 The Millers (M-Net): Tom en Carol dink twee keer voor hulle hul egskeiding finaliseer.

20:30 Geraamtes In Die Kas (SABC3): Vier psigiaters en sielkundiges probeer hul chaotiese lewe balanseer.

21:30 Prontuit (kykNET): Twee vroue met sterk persoonlikhede pak onderwerpe aan wat ’n wyer sosiale benadering verg. Mariëtta Kruger en Kabous Meiring werp saam met hul gaste lig op polemieke en kulturele twiste.

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>