Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Man wat sy meisie vermoor het plaas grafiese foto’s op die internet

$
0
0

’n Man wat daarvan aangekla is dat hy sy meisie vermoor het en foto’s van haar liggaam aanlyn geplaas het, is op pad terug Washington toe nadat hy hom in die buurstaat Oregon opgegee het en uitlewering geweier het.


David Kalac (33) is ná ’n dag lange soektog Woensdagaand sowat 322 km van die misdaadtoneel in hegtenis geneem. Hy is oornag in Portland op ’n moordaanklag aangehou, het die owerheid gesê.

Donderdag het hy uitlewering van die hand gewys en word teruggeneem na Port Orchard, Washington, wes van Seattle.

Daar word beweer David het Amber Lynn Coplin (30) vermoor ná ’n rusie in hul woonstel in Port Orchard.

Hy het toe grafiese foto’s van haar lyk en kommentaar oor die moord aanlyn geplaas, sê Scott Wilson, ’n polisiebeampte van Kitsap County, Washington. Die foto’s het verskyn op 4chan, ’n aanlyn kennisgewingbord waar honderde privaat kaalfoto’s van glansmense vroeër vanjaar verskyn het.

David het geskryf oor hoe hy Lynn verwurg het en hoe hy beplan dat die polisie hom noodlottig moet skiet. Hy het die kommentaar en foto’s anoniem geplaas, maar die owerheid het bevestig dit was hy, het Scott gesê.

Die Kitsap County-lykskouer se kantoor het Donderdag gesê die oorsaak van dood was verwurging en trauma aan die kop.

Die distriksaanklaer se kantoor het nog nie geweet of David regsverteenwoordiging het nie. Sy eerste hofverskyning kan so vroeg soos Vrydag wees.

David het die polisie in Amber se gesteelde motor ontwyk tot hy verskyn het buite ’n beboste gebied naby Wilsonville, sowat 32 km suid van Portland, en het hom aan ’n beampte opgegee, het die owerheid gesê.

“Hy het gesê: ‘Ek het ’n lasbrief vir my inhegtenisneming,’ ” het sers. Nate Thompson in ’n telefoononderhoud gesê. David het sy samewerking gegee, maar het geen besonderhede verskaf oor hoe hy by Wilsonville gekom het nie, het hy gesê.

Twee beamptes van Washington is Oregon toe om David te ondervra en hom terug te neem vir sy aanhouding, het Scott gesê.

“Die feit dat hy uit sy eie gekom het en gesê het hy gee bes, is nogal ongelooflik,” het Scott Donderdag gesê. “Ons het dit nie verwag nie, maar is bly dat dit so gebeur het.”

Die polisie is na die paartjie se woonstel ontbied nadat Amber se 13-jarige seun haar liggaam ontdek het.

Naby Amber se kop het haar rybewys gelê met die woord “dood” opgeskryf. “Slegte nuus” het op die blindings gestaan. En die woorde “sy het my eerste doodgemaak” is op ’n foto op die muur geskryf.

’n Polisiebeampte het Amber se motor Woensdag vroeg in Portland opgelet en het die bestuurder probeer aftrek. ’n Jaagtog het gevolg, maar is afgelas omdat die voertuig in aankomende verkeer beweeg het.

David het ’n kriminele geskiedenis in Washington en Virginia, insluitend skuldigbevindings vir aanranding, inbraak en dronkbestuur, het Scott gesê.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>