Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Brad Pitt: Angelina is ’n briljante baas

$
0
0

Brad Pitt sê Angelina Jolie is ’n “streng baas”.

Die Hollywood-sterre is in Augustus in Frankryk getroud en maak saam ses kinders groot. Maar ’n besige gesinslewe is nie genoeg nie; hulle werk ook nou saam aan die fliek By the Sea. Hulle speel albei in die fliek, terwyl Angelina ook die regisseur is.

“Sy is lekker streng!” het Brad grappenderwys aan die Duitse tydskrif TV Movie gesê. “Maar sy weet wat sy doen en doen dit baie goed.”

Hul rooster en werkplek is eenders; dit is ’n seëning vir die besige ouers. Hulle het dit in die verlede gemaak werk, soos toe Brad aan Fury skiet en Angelina aan Unbroken, maar dit was nie maklik nie.

Om die las te verlig het hulle die kroos onder hulle verdeel.

“Ek wil nie dit weer deurmaak nie,” het hy gebieg. “’n Gesin met ses kinders werk net beter wanneer een ouer hulle glad nie oor werk hoef te bekommer nie.”

Al het hulle toe aan verskillende projekte gewerk, het dit een ding gemeen gehad – ’n oorlogstema. Om hulle daarop voor te berei het die paartjie alle elektroniese kommunikasiemiddele vermy.

“Albei flieks speel tydens die Tweede Wêreldoorlog af,” het Brad verduidelik.

“Ons het toe besluit om met briewe te kommunikeer. Jy kommunikeer anders wanneer jy so lank op ’n antwoord wag. Dit het ons baie geleer.”

Daar was voor hul troue groot afwagting en aanhangers was in die wolke toe hulle eindelik die knoop deurhak. Al die kinders was betrokke by die groot dag; hulle het die troubeloftes help skryf en het hul ma se sluier versier.

“Tot my verbasing het ons band en toewyding tot mekaar nog dieper geword,” het Brad oor die getroude lewe gesê.

© Cover Media


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>