Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

TV-gids Donderdag 6 November 2014

$
0
0

Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Waardevol (kykNET): Elma Postma gaan kyk hoe ’n mens in en om jou huis die sente kan omdraai, hetsy jy piekniek hou of ou klere wil omskep.

18:00 Bad Teacher (M-Net): ’n Geskeide onderwyseres is op soek na haar volgende man.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Astrid maak seker almal weet hoekom Lindie Bloemfontein toe gekom het, maar Fritz glo in haar onskuld en laat Stef ook twyfel. Sussie kry nog slegte nuus by die bank, en almal hoor eindelik wat met Gerhard skort. Vicky doen alles in haar vermoë om Louw te beskerm, maar hoe veilig is hy regtig?

18:30 The X-Factor UK (M-Net): Kyk hoe Louis Walsh, Simon Cowell, Cheryl Fernandez-Versini and Mel B nuwe talent ontdek.

18:30 7de Laan (SABC2):  Altus en Kristin tree vreemd op. Aggie gee Emma ’n spesiale geskenk en Matrone het groot planne vir die boekwinkel.

19:30 Binnelanders (kykNET): As ’n dokter se oordeelsvermoë in twyfel getrek word, raak dinge bietjie krapperig. At probeer vrede maak, en Morné word gedwing om met iemand te praat. Karli het ’n plan vir Nagskof, en Zieg besef Gustav het sy huiswerk gedoen.

19:30 MasterChef South Africa (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.

20:00 Bravo! (kykNET): Die aktrise Woutrine Theron nooi die Bravo!-span na huis-huis in Stilbaai, en dit is weer tyd vir die Krone- konsert.

20:00 Outlander (M-Net Edge, DStv-kanaal 102): Die beeldskone Claire reis terug in tyd en bevind haar in Skotland in 1743, waar alles onbekend is en haar lewe bedreig word.

20:30 Boer Soek ’n Vrou (kykNET): Die dames kuier eindelik op die boere se plase en Nadia gaan maak ’n draai.

20:30 The Ultimate Braai Master (e.tv): Die derde seisoen van Suid-Afrika se moeilikste buitemuurse kook-kompetisie is hier! Kyk hoe 15 spanne teen mekaar meeding om die titel te verower.

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

21:30 Flits (kykNET): Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en energieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>