Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Twee bulletjies vir Derick en Karlien

$
0
0

Derick Hougaard en Karlien van Jaarsveld het pas op die sosiale netwerk Twitter bekendgemaak Karlien verwag twee seuns.

Derick het die nuus opgewonde met ’n twiet verklap: “Twee bulletjies! My prinsessie is nog in Jesus se hande. :)

“Karlien en Derick was al twee vas oortuig die tweeling gaan ’n seun en ’n dogter wees, maar ons het vandag bevestiging gekry dat dit twee seuns is,” sê Ronel Brink, Karlien se ma.

Volgens haar het Derick ’n halfuur lank aan skok gely, maar hulle is baie dankbaar vir die seuns en dink hulle gaan sommer heerlik speel met hul twee nefies, Sion (21 maande) en Leben (8 maande). Hul pa is Karlien se broer, Bobby.

“Karlien het klaar seuntjie- en dogtertjieklere gekoop, maar die dogtertjieklere sal nou maar ’n bietjie moet wag vir later. Dis in God se hande,” sê Ronel.

Derick en Karlien het nog nie aan name gedink nie; dis iets waaroor hulle wil bid. Hulle glo God sal hulle die regte name gee wanneer die tyd aanbreek.

- Suzanne Venter

Besoek ook:
Derick en Karlien se groot nuus
Foto’s van Derick en Karlien


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!